“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES

“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES
Foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Idees van lede.

Boetie Nel: Ek maak altyd my chicken mayo met lekker fyn hoender borsies wat net so 25 min gekook het, dan is dit net gaar en sappig, dan meng ek die stukkies hoender met mayo en so 2 eetlepels Mrs Balls blatjang.

Anne Mortleman Chambers: Gaar hoender (fyngekap of gemaal), mayo, Mrs Balls blatjang, fyngekapte ui, sout en peper. Botter die brood net aan eenkant en gebruik die gebotterde kant buite.

Nicolene Nikki Van Niekerk: Lekker volgraan brood of rolletjie met botter gesmeer, slaaiblaar of twee, tamatie  met sout en pepper, skyfies pynappel as jy wil, komkomer en dan fyn hoender en mayo by, dis baie gesond en lekker. Vir ekstra smaak kan jy klein blokkies groen soetrissie insny.

Sonja Young: Die lekkerste idee met chicken mayo is om die brood eers te rooster en dan al die bestanddele op te sit.
Dis nogal iets wat ek nie baie maak nie, maar het dit al baie so by koffie winkels gehad en dit smaak lekker, want dis nie so plat gedruk nie

Nicolene Nikki Van Niekerk: Gebruik gaar hoender wat oorbly, maak fyn met mayo, rooster die brood of hou dit net so, smeer botter op, sny skyfies gebakte aartappels op en sit die hoender en mayo op met bietjie sout en pepper, dis ongelooflik lekker.

Ann Fischadler: Moenie paprika vergeet nie, dit gee ‘n mooi kleur en ‘n unieke smaak.

Werner en Tania Barnard: Ek meng hoender en mayo, voeg bietjie blatjang by met aromat, swart peper, oregano en ‘n rou ui.

Elma Grace: My geheim (nie nou meer nie) volg almal se resep, maar ek voeg gekookte eier, gekapte dill komkommer en fyn gerasperde kaas by, lekker.

Franco Dippenaar: Almal fokus op die goed wat by die hoender mayo kom en niemand fokus op wat dit eintlik lekker maak nie. Ja uie, knoffel, aromat, swart peper, gekapte tamatie, ens is alles lekker daarby. Die belangrikste is die mayo. Gebruik die beste wat jy kan kry soos Wonder Whirl, Miracle Whip, Heinz se gourmet mayo. Hulle kan hitte hanteer en raak nie so loperig soos Nola of C&B nie. Of maak jou eie mayo. Jy kan dit op spice met so baie goed.

Esther Hattingh: Ek meng my mayo en hoender met sandwich spread, dis heerlik.

Dorathea Campher Beets: Ek het onlangs hoender, mayo, feta, gesnipperde peppadews op volgraan brood geëet, heerlik.

Tanya Jordaan: Ek meng ‘n knippie kerrie poeier (mild, die geel boksie), ‘n bietjie kondensmelk by die mayonaise.

Ems Mostert Mostert: Sit bietjie soetrissie sous ook by.

Vanessa Vd Merwe: Spek, krakerig gebraai en fyn gemaak, meng saam hoender en mayo.

Colleen Barnard: Ek meng ‘n bietjie kerriepoeier en gerasperde kaas in, dis regtig baie lekker, ek het geleenthede vir die skool gedoen en dit so gemaak.

Lizette Erasmus: Meng blikkie fyn pynappel in vir ‘n tropiese hoender mayo, heerlik.

Phoebè Botha: Ek voeg fyn gekapte uie en gherkins in met ‘n lekker mayonnaise en miracle whip salad cream gemeng, bietjie paprika, sout, peper en so knippie hoenderspeserye.

Ronelle Jacobs: Fyn pynappel of bosbessie (Cranberry).

Erika Van Aarde-Badenhorst: Ek het altyd in my koffie winkel Ina Paarmans se perske blatjang gemeng met my mayonnaise en knippie rooipeper, heerlik.

Hildegard Fourie: Meng eers ‘n bietjie mayonnaise apart met ‘n bietjie mosterdpoeier en fyn mosterd, ek voeg ook ‘n bietjie kondensmelk by. Pluis die hoender lekker fyn, voordat jy dit meng. Voeg ‘n bietjie droë pietersielie ook by vir kleur.

Corrie Welthagen Bezuidenhout: Mosterd ingemeng by mayo, net so ‘n titseltjie, heerlik.

Lida Pieterse: Ek voeg mango atchar saam met mayo.

Tanya De Kock: Add perinaise.

Martie Josling: Mayo, hoender, russian, fyn gekap met mosterd.

Petro Oosthuizen: Small pieces of canned peaches also is an amazing surprise together with peach chutney, like Erika Van Aarde-Badenhorst says. Mmmm, it’s to die for, yummy.

Leone Barnard du Toit: Ons Vetkoek Den jare terug, het ‘n chicen mayo, spek en kaas vetkoek gemaak. 2 Weke gelede toe maak ek vir aandete chic mayo, spak en gerasperde kaas mengsel jaffles en dit was ‘n wenner, warm of koud.

Javon-Jody Kim Kleinsmidt: Hoender, mayo, ui, groen soetrissie, paprika, cayenne pepper, bietjie aromat, blatjang en fyn gekapte dhania.

Amanda Diamond: Ek voeg bietjie honey mustard by, die boeppens potjie met swart dekseltjie.

Ric FourieRic: Bits of pepperdew or go Spur style, chic mayo made with Spur sauce, easy and fast.

Alida Cavalieratos: Voeg griekse kaas, tiemie, sout en peper by.

Lizelle Botes: Fyn pynappel of ‘n titseltjie basil pesto saam die mayo gemeng.

Marlien Jonker: Kook hoenderfillete en rasper dit as dit koud is, rasper fyn ui in, bietjie suurlemoensap, sout en peper en meng mayo met bietjie kondensmelk, meng deur, dis heerlik.

Abigail Smith: Chives and cream’o’naise.

Inge Bekker: Voeg vars opgekapte basil kruie by.

Irene Gilliland: Ek’t gisteraand gemaak met kerrie in die mayo, blikkie gedreineerde fyn pynappel en fyn gekapte peppadews.

Rosetta Mattheze: Mix equal parts sweet chilli and mayo and add dhanya or I chop cucumber or lettuce finely and add to chicken mayo.

Heidi Rushmer Fouche: Gekapte gherkin en ‘n groot lepel sandwich spread in die chicken mayo is heerlik.

Kimberley Leetion: Try adding finely chopped spring onion and a little garlic.

Amanda Viljoen: Snipper die volgende fyn, gerkins, spriet ui en tamatie (sonder pitte), meng met fyn hoender en mayo en voeg by, mosterd, blatjang, Italiaanse speserye, sout en pepper.

Dionné Page Olivier: ‘n Goeie mayonnaise is baie belangrik, ek verkies Nola se ultra romerige mayo. Stoom die hoenderborsies tot net net gaar, anders is dit droog. Roer basil pesto by, soveel as wat jy wil, dit is heerlik, sout, peper en aromat na smaak.

SupportiveCrocodile5153: I love adding finely chopped gherkin and spring onion to my chicken mayo, with a dash of Sriracha sauce for some kick.

Cornette Jooste: Ek meng ‘n bietjie braaisous saam met die mayo in.

Tanya Mundell: Rooster die hoender en uie, ipv kook.

Aletta Tessa Odendaal Veldtsman: Gebruik dik en romerige mayonnaise, meng met bietjie spek gegeurde roomkaas en fyngesnyde uie, saam met een van fyngekapte groen-, geel- of rooi-soetrissies, jou keuse, sout en peper. Sny die gaar hoenderborsies in stukkies en meng met alles wat ek genoem het. Baie lekker, sal jou vingers aflek, geniet.

Jenel Ralph van Wyk: Ek voeg gekookte eier en ongegeurde jogurt by die uie en mayo.

Jana Taljaard: Gaar hoender, dubbelroom mayonnaise, bietjie tjou tjou en ‘n stukkie gaar russiese wors. Beste ooit op ‘n vetkoek.

Sean Koekemoer: Any of the above recipes, but add finely chopped gherkins and finely chopped pieces of apples for texture and the magic taste will explode.

Sus Gerber: Tamaties, fyn gesny by, maak ‘n groot verskil.

Lorett Brittnell: Bietjie vars ryp pynappel, gesnipper, verander enige hoenderslaai of vulsel in iets besonders.

Martin van Vuuren: Chicken mayo, with egg, sweet peppers, lettuce on ciabatta bread, roasted in olive oil and smeared with garlic butter while hot.




GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS

06bd7f404d4046bc8ccecbcb170d5ea9

GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS
2 groot cambrini
5 snye witbrood
2 blikkie swart kersies
4 sopies kersie liquier
1 vanije peul

Verhit die oond tot 200 grade. Sny die brood in dik repe en braai in ‘n pan met bietjie olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuis papier.
Plaas die blik kersies in ‘n pan met die vloeistof en voeg die liquier by sowel as die vanjile peul wat oopgesny en geskraap is. Kook tot ‘n lekker dik stroop vorm.
Plaas die kaas in ‘n bak wat oondbestand is en nie te groot is nie. Sit in die voorverhitte oond tot die kaas regdeur sag in. Bedien met die kersies en brood soldate. Almal kan self skep en doop soos hulle lus het. Lekker morsig!




KERRIEVIS- OF VISTERTJIES

 2014-01-24-vistertjiestested

KERRIE VIS- OF VISTERTJIES
Bron: Heidi Rowe
Foto:  Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
(12 muffin pan)
125 ml melk
125 ml kookolie
1 eier
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout

Meng bogenoemde saam tot slap deeg.
Skep in muffinpanne so ¾ vol.
Maak 1 blikkie kerrievis fyn en skep vis bo -op deeg.
Bak vir 10 min by 220ºC.
Nota:
Vinnige happie as jy onverwags kuiermense kry.
Jy kan natuurlik enigiets bo-op skep soos oorskiet hoender of groente of tuna.

Hier is my aangepaste weergawe van Heidi Rowe se Kerrievis Tertjies, dit is regtig baie baie lekker.
Vistertjies:
Gebruik die basiese deeg resep maar ek het 5 ml rissiepitte, 2 ml varsgemaalde swartpeper en bietjie pietersielie bygesit.
Die sardyne in tamatiesous se -sous het ek afgegooi, die vis skoongemaak, gemeng met swart gemaalde peper, bietjie sout en Worcestershire Sous en toe fyngemaak.
Die deeg in my kolwyntjiepanne geskep, vis bo-op dit, toe lekker sterk cheddarkaas en bietjie gemengde kruie opgestrooi.
DIT is heerlik, veral die degie, dis lekker bros en ek gaan dit weer maak vir my braai Saterdagaand.
Dankie vir die deel van hierdie resep Heidi Rowe.




BROOD, KAAS, HAM EN EIER GEBAK

 brood en ham gereg
BROOD, KAAS, HAM EN EIER GEBAK
Resep geplaas en foto: Johan Du Preez
1 Franse brood
5 eiers
3 tamaties
600 g ham
200 g kaas
botter
200 ml melk
Sout en peper na smaak
Voor verhit oond tot 150ºC. Sny brood in dun skywe. Verwyder korsies ( As jy wil ). Smeer elke sny brood met botter plaas in ‘n ronde bak pan. Sny tamaties in dun skywe. Plaas ‘n skyf tamatie en ‘n skyf ham tussen elke sny brood. Klits die eier en melk saam met Sout en peper na smaak. Giet die mengsel tussen die snye brood. Strooi kaas oor en bak tot kaas goud bruin is.

 




HAWAIIAN LOCO MOCO

loco mocotested

HAWAIIAN LOCO MOCO
Servings:4 servings
2 tablespoons oil
1 tablespoon of butter
4 large red onions, sliced ½ cm thick
salt and freshly ground black pepper
500 g ground beef
2 bunches spring onions, white and green parts, sliced ½ cm thick, 1 tablespoon greens reserved for garnish
1 tablespoon minced garlic
1 tablespoon plus 1 teaspoon soy sauce
2 cups fresh beef or chicken stock
1 tablespoon cornstarch mixed with 1 tablespoon water
4 large eggs
6 cups brown rice
Fried mushroom and green pepper

Heat a large heavy sauté pan or wok over a medium-high heat. Add 1 tablespoon oil and 1 tablespoon butter swirl to coat the pan. When the oil is hot, add the onions, season with salt and pepper and cook on one side until caramelized, 4 to 5 minutes. Turn, cooking the second side for about 5 minutes, then set the onions aside. Reserve the pan.
Meanwhile, in a medium bowl, combine the beef, spring onion the garlic and 1 tablespoon of the soy sauce and season with pepper. Mix and form gently into 4 patties about ½ inch thick.
Heat the pan over a medium-high heat, add 1 tablespoon of the oil and swirl to coat the pan. Season the patties on both sides with salt and pepper, transfer to the pan and cook, turning once, for about 4 minutes for medium-rare, 5 minutes for well-done. Transfer the patties to a plate to rest for 5 minutes.
Return the pan to medium heat, and add the onions. Pour in the stock, bring to a simmer and add the remaining 1 teaspoon soy sauce. Whisk in the cornstarch slurry and simmer until the sauce is lightly thickened, about 1 minute . Taste to adjust the seasoning with salt and pepper, if necessary.
Break the eggs into a bowl. Heat a medium non stick sauté pan over medium heat. Add the remaining 1 tablespoon of oil, and when hot, gently slide in the eggs.
Cook for about 1 minute, turn and cook for about 2 minutes until the whites are set and the yolks are still soft. (If you prefer your eggs sunny side up, add the eggs, cover, cook for about 1 minute, uncover, then cook until the whites are set and the yolks are still soft, 2 to 3 minutes). Season with salt and pepper.
Divide the rice among 4 soup plates or serving bowls, top with the burgers and top with the onions. With a spatula, separate the eggs, transfer to the onions, garnish with the mushroom and green pepper and serve.

Recipe and photo:  Elize de Kock

 




HOENDERSLAAI MET EIERVRUG

2014-01-18-goodwood-20140118-00755tested
HOENDERSLAAI MET EIERVRUG
Gaar hoenderborsies, goed gegeur, repies gesny,
Eiervrug, in repies of blokkies gesny, sprinkel met Ina Paarman gegeurde sout, maak gaar in klein bietjie olie. Jy kan klein bietjie water ook byvoeg, stoom/braai tot gaar.
Bros slaaiblare
Roketblare
Koljanderblare
Grasuie
Slaaisous:
1 Teelepel Pesto
2 Eetlepels mayonnaise
Meng met laevet slaaisous soos Griekse slaaisous. Gooi oor slaai net voor opdiening.

(Louise Groenewald) resep en foto




WEENSE WORSIE MAT

weense worsie mat

WEENSE WORSIE MAT
1 rol skilferkorsdeeg (koud)
genoeg viennas
Vol die prentjies, en bak teen 200 ºC toto gaar en bruin.




PORTUGESE SLAAI

koue slaaitested

PORTUGESE SLAAI

blaarslaai, gaar aartappels, tamaties, gekookte eiers en tuna, in twee lae gepak, maar net onder die slaai blare, en as jy wil heel bo feta en olywe
geen slaaisous, soos ek die lae pak sout en peper ek net, en dat gooi ek die tuna sous oor. Jy kan ook biejie exra virgin olive oil (verskoon die engels tussin in) oorgooi, net soos jou smaak is,

Johan En Christelle Riekert




CHARMAINE SE KERRIE EIERS

2014-01-17-kerrieeiers
CHARMAINE SE KERRIE EIERS
Resep en foto: Charmaine van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
6 hardgekookte eiers in kwarte gesny
1 groot gekapte ui
2 gekapte tamaties met of sonder skil
1 eetlepel botter
1 teelepel matige kerrie
1 eetlepel wit wyn asyn
1 teelepel borrie
2 lourierblare gekneus
1 teelepel suiker
2 eetlepels water
Braai ui in botter tot glansterig, voeg die tamatie by en braai tot amper gaar. Voeg nou al die ander bestanddele saam en prut tot gaar. Voeg klein bietjies water by indien nodig. Die sous moet nie te waterig wees nie maar ook nie te droog nie. Wanneer alles goed gaar is voeg die eiers by en roer versigtig deur dat die eiers mooi bedek word met die sous prut bietjie om sousie te laat in trek.
Bedien dit op rys of op `n sny vars brood




PAMPOEN PIZZATJIES

2014-01-17-pampoenpizzatjiestested
PAMPOEN PIZZATJIES

Skil botterskorsie, sny nek gedeelte in 1 cm ringe, smeer al 2 kante met olie(ek gebruik klapperolie) en plaas op rooster rakkie in 180 grade C oond en bak tot lig bruin.
Haal uit oond en smeer tamatiepasta of tamatiesous op bokant.
Braai skyfies tamatie in pan en plaas ‘n skyfie op elke pizzatjie.
Strooi Mozarellakaas bo-op tamatie.
Draai nou rou spek soos rosies en sit dit bo-op kaas.
Bak verder in oond tot goudbruin.

BRON- Annette V Rensburg Westermann