
GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS
2 groot cambrini
5 snye witbrood
2 blikkie swart kersies
4 sopies kersie liquier
1 vanije peul
Verhit die oond tot 200 grade. Sny die brood in dik repe en braai in ‘n pan met bietjie olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuis papier.
Plaas die blik kersies in ‘n pan met die vloeistof en voeg die liquier by sowel as die vanjile peul wat oopgesny en geskraap is. Kook tot ‘n lekker dik stroop vorm.
Plaas die kaas in ‘n bak wat oondbestand is en nie te groot is nie. Sit in die voorverhitte oond tot die kaas regdeur sag in. Bedien met die kersies en brood soldate. Almal kan self skep en doop soos hulle lus het. Lekker morsig!






