

CHARMAINE SE KERRIE EIERS
Resep en foto: Charmaine van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
6 hardgekookte eiers in kwarte gesny
1 groot gekapte ui
2 gekapte tamaties met of sonder skil
1 eetlepel botter
1 teelepel matige kerrie
1 eetlepel wit wyn asyn
1 teelepel borrie
2 lourierblare gekneus
1 teelepel suiker
2 eetlepels water
Braai ui in botter tot glansterig, voeg die tamatie by en braai tot amper gaar. Voeg nou al die ander bestanddele saam en prut tot gaar. Voeg klein bietjies water by indien nodig. Die sous moet nie te waterig wees nie maar ook nie te droog nie. Wanneer alles goed gaar is voeg die eiers by en roer versigtig deur dat die eiers mooi bedek word met die sous prut bietjie om sousie te laat in trek.
Bedien dit op rys of op `n sny vars brood






