CHARMAINE SE KERRIE EIERS

2014-01-17-kerrieeiers
CHARMAINE SE KERRIE EIERS
6 Hardgekookte eiers in kwarte gesny
1 Groot gekapte ui
2 Gekapte tamaties met of sonder skil
1 Eetlepel botter
1 Teelepel matige kerrie
1 Eetlepel wit wyn asyn
1 Teelepel borrie
2 Lourier blare gekneus
1 Teelepel suiker
2 Eetlepels water
Braai ui in botter tot glansterig, gooi die tamatie by en braai tot amper gaar. Voeg nou al die ander bestanddele saam en prut tot gaar. Voeg klein bietjies water by indien nodig. Die sous moet nie te waterig wees nie maar ook nie te droog nie. Wanneer alles goed gaar is voeg dan die eiers by en roer versigtig deur dat die eiers mooi bedek word met die sous prut bietjie om sousie te laat in trek.
Bedien dit op rys of op `n sny vars brood

FOTO- Charmaine van der Merwe