KONDENSMELK BLIKKIE KAASKOEK
Hier is my resep.
Kaaskoek met ‘n blikkie kondensmelk.
Gebruik kondensmelk blikkie vir afmeet van bestandele.
1 pakkie tennis koekies fyn gemaak meng met 125 ml rama gesmelt en druk onder in gesmeerde kaaskoekpan.
Sny blikkie kondensmelk oop gooi in bak en meng halwe kondensmelk blikkie suurlemoensap by.
Klits in skoonbak 1 en ‘n halwe kondensmelk blikkie Bakels delight room lekker styf.
Voeg by kondensmelk mengsel 1 kondensmelk blikkie gladde room maaskaas, en meng goed,voeg styfgeklopte room by en meng . Skep in kaaskoekpan maak gelyk bo en verkoel oornag.Versier soos verkies. Kan met karamelsous, aarbei ens bedien word. Heerlik dit kan ek julle verseker!
BRON- Magda van Schalkwyk








