KONDENSMELK BLIKKIE KAASKOEK

2014-01-17-kondensmelkblikkiekaaskoektested

KONDENSMELK BLIKKIE KAASKOEK
Resep en foto: Magda van Schalkwyk /Magda Wijnja
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my resep.
Kaaskoek met ‘n blikkie kondensmelk.
Gebruik kondensmelk blikkie vir afmeet van bestanddele.
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 blikkie kondensmelk
125ml Rama gesmelt
½ blikkie suurlemoensap
1½ Bakels delight room styf geklits
1 blikkie gladdie room maaskaas

Tennis koekies fyn gemaak meng met 125 ml rama gesmelt en druk onder in gesmeerde kaaskoekpan om kors te vorm.
Sny blikkie kondensmelk oop, skep in ‘n mengbak en meng ½ kondensmelk blikkie suurlemoensap by.
Klits in skoonbak 1½ kondensmelk blikkie Bakels delight room lekker styf.
Voeg by kondensmelk mengsel, 1 kondensmelk blikkie gladde room maaskaas, en meng goed. Voeg styfgeklopte room by en meng . Skep in kaaskoekpan met kors, maak gelyk bo en verkoel oornag. Versier soos verkies. Kan met karamelsous, aarbei ens bedien word. Heerlik dit kan ek julle verseker!