Meng bogenoemde saam tot slap deeg.
Skep in muffinpanne so ¾ vol.
Maak 1 blikkie kerrievis fyn en skep vis bo -op deeg.
Bak vir 10 min by 220ºC.
Nota:
Vinnige happie as jy onverwags kuiermense kry.
Jy kan natuurlik enigiets bo-op skep soos oorskiet hoender of groente of tuna.
Hier is my aangepaste weergawe van Heidi Rowe se Kerrievis Tertjies, dit is regtig baie baie lekker.
Vistertjies:
Gebruik die basiese deeg resep maar ek het 5 ml rissiepitte, 2 ml varsgemaalde swartpeper en bietjie pietersielie bygesit.
Die sardyne in tamatiesous se -sous het ek afgegooi, die vis skoongemaak, gemeng met swart gemaalde peper, bietjie sout en Worcestershire Sous en toe fyngemaak.
Die deeg in my kolwyntjiepanne geskep, vis bo-op dit, toe lekker sterk cheddarkaas en bietjie gemengde kruie opgestrooi.
DIT is heerlik, veral die degie, dis lekker bros en ek gaan dit weer maak vir my braai Saterdagaand.
Dankie vir die deel van hierdie resep Heidi Rowe.








