

VISPASTEITJIES
Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml bruismeel
125 ml kookolie
125 ml melk
2 eiers, geklits
2 klein blikkies vis – sardyne in tamatiesous
250 ml grof gerasperde cheddarkaas
3 ml rissiepitte
varsgemaalde swartpeper en sout na smaak
pietersielie
Meng die bruismeel, kookolie en melk saam, voeg die eiers by.
Dreineer die vissous en voeg dit by die deeg mengsel. Die deeg mengsel is slapperig.
Maak die vis “skoon en druk die vis fyn met ‘n vurk.
Skep lepelsvol deeg in ‘n gesmeerde kolwyntjiepan.
Skep ‘n teelepel vis in die middel bo-op die deeg en weer ‘n lepelvol deeg. Strooi kaas oor en dan pietersielie.
Bak ‘n in warm oond 180ºC vir so 20 min tot goudbruin en gaar.
Bedien met slaaie as ‘n ligte aandete of as versnappering.






