


MOKKA KAASKOEK
Bron en foto: Rina Kleinhans
2de foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
200 g Romany Cream sjokolade koekies
100 g Tennisbeskuitjies
100 g botter/margarien, gesmelt
3 teelepels gelatien
¼ koppie kook water
1 eetlepel kits koffie (Nescafe)
375 g gewone room kaas
½ koppie strooisuiker
300 ml room
180 g donker sjokolade
Spuit ‘n 20 cm losboom pan met Spray & Cook.
Plaas die beskuitjies in ‘n voedsel verwerker en maak lekker fyn, gooi in bak en meng met die gesmelte botter.
Druk vas teen die kante en onder in die pan en plaas in die yskas vir ongeveer 20 min.
Meng die gelatien en koffie met die kook water, roer om op te los en laat staan om af te koel, dit moet heel afgekoel wees voor jy dit kan gebruik.
Klits die room styf en voeg dan die strooisuiker geleidelik by.
Sit die roomkaas in jou elektriese klitser en klits dit tot lekker glad, gooi nou jou roommengsel daar by en klits net tot gemeng, nie te veel nie.
Gooi nou die afgekoelde koffie mengsel stadig by terwyl die menger die hele tyd loop, meng tot goed gemeng.
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolf op half krag.
Neem nou die kors, skep die helfte van die room mengsel daarin, skep die helfte van die sjokolade oor die mengsel en „marble“dit met ‘n mes ( sny die twee mengsels mooi in mekaar in)
Herhaal die lae, en “marble” weer die bo-laag ook. Plaas in die yskas tot heeltemal gestol, ek sal sê oornag is die beste.
Wanneer gestol, haal versigtig uit die pan, neem ‘n slap mes, en maak ook die koek los van die onderbord, sit op ‘n opdienbord en GENIET.
RYK EN LEKKER!






