My aartappel gereg is Mexican chilli con carne baked potatoe with cheese, guacomole and sour cream
Die resep is eenvoudig, ek braai ‘n uie met knoffel en greenpepper en chillie, soveel chillie soos waarvan jy hou. Dan voeg ek bietjie maalvleis daarby en braai dit to lekker bruin, voeg dan tamatie paste by en ‘n blikkie Koo baked beans (Koo is net meer tamatierig as die ander). Maak ‘n gebakte aartappel in die oond en wanneer dit gaar is sny jy ‘n kruis op, druk dan sodat die aartappel oopmaak. Sit chillie con carne daarop en dan gerasperde kaas, suurroom en fyngedrukte avocado. Dis ‘n wenner in my huis.
BRON- Leanne Thurston Coetzer








