Ek maak wat ek noem gedrukte aartappels, maar wat ek dinkjulle noem Plat aartappels. Kook die aartappels in die skil tot sag. Dreineer en laat effens afkoel. Druk nou die aartappels op ‘n plat oppervlakte met die kussing van jou hand, saggies dat dit oopbars.
Plaas dit versigtig in diepolie en braai tot die buitekante lekker kragerig is en die binneste van die aartappel wat sigbaar is, begin verbruin. Hierdie aartappels kan net so voorgesit word met ‘n blob botter in elk en lekker dik gestrooi met Aromat. Ek het egter die aartappels geneem en verder plat gedruk en versprei onder in ‘n gesmeerde oondbak. Rangskik nou die worsies daar in en giet ‘n mengsel van 3 eiers, 250ml melk en ‘n pakkie kaas en bacon Potato bake (goed gemeng) daaroor. Bak in die oond by 180ºC vir 30 minute. LEKKER!! Soos jy kan sien is daar nie ‘n kors nodig nie en het dit pragtig gesny en skoon uit die bak gekom.
ADAM CLOETE








