

MARIAN SE HOENDERPASTEI
1 groot hoender
1 groot ui
½ groen soetrissie
½ geel soetrissie
2 peppedews
sampioene gekerf
gemengde groente
Griekse jogurt
Mayonnaise
½ bottel 1000 island slaaisous
Speserye en kruie van keuse
Wocestersous
Soetrissiesous
Deeg:
Slapdeeg dieselfde soos op blog
Proses:
Kook die hoender sag, sommer in stoompot en ontbeen.
Braai uie, soetrissies, peppedews en sampioene saam in bietjie olie.
Voeg so splash worcestersous en so lekker squees soetrissiesous in.
Sit die hoender by. Meng die jogurt, mayonnaise en slaaisous saam en voegby die mengsel.
Skep alles in ‘n lekker diep oondbak en skep die slapdeeg oor.
Baktyd: ongeveer 30 min by 180ºC.
Resep en foto: Marian van deventer






