

HOENDERLEWER- EN BLOMKOOL FRITTERS
Ek het gisteraand een van my ietwat vreemde kombinasies gemaak maar julle sal nie glo hoe lekker dit is nie. Dit is my eie resep. Dis ook baie lekker om in klein balletjies te maak en koud by ‘n vingerete te bedien.
500 g hoenderlewers
1 gekookte medium blomkool
1 fyngekapte ui
3 aartappels, saggekook en fyngemaak met die skil
sout na smaak
1 teelepel cayenne peper
2 teelelpels fyn knoffel
2 teelepels oreganum
1 teelepel gemengde cumin en coljander poeier
3 eetlepels bruismeel
1 eier.
Dreineer die rou hoenderlewers en maak dit fyn in ‘n voedselverwerker. Sny die gekookte blomkool op en maak dit ook fyn en meng met die hoenderlewers. Meng dan al die bestanddele saam. Skep lepels vol in warm olie en bak tot goed bruin aan elke kant. Nie langer as 4 minute aan ‘n kant nie. Bedien warm of koud.
ADAM CLOETE






