

WILDEVARK MET SUURROOMMARINADE
1 wildevarkboud
125 g spek
10 ml sout
1 ml vargemaalde swartpeper
1 gekapte ui
30 ml gekapte pietersielie
250 ml vleisaftreksel
15 ml botter
15 ml kookolie
500 ml suurroom = marinade (of joghurt, karringmelk or suurmelk).
Sny spek in repies en lardeer wildsboud daarmee. Meng die marinade bestanddele, voeg vleis by en marineer 24 uur in yskas. Draai vleis af en toe om. Haal vleis uit marinade en droog af met ‘n papierhanddoek. Behou marinade. Braai vleis bruin in olie en
bottermengsel. Voeg ui by en soteer. Voeg verhitte vleisaftreksel by en verlaag temperatuur. Sit deksel op en prut totdat die vleis sag is. Haal deksel af en prut tot feitlik al die vloeistof weggekook het. Voeg 250 ml deurgesygde suurroommarinade by die vleis, maar moet nie laat kook nie. Sit voor saam met noedels of gekookte aartappels.
Resep: Rene Truter Wessels [ René van Zyl]






