GEBAKTE ADVOKADOPEER

2014-04-13-gebakteadvokadopeertested

GEBAKTE ADVOKADOPEER
2 avokado’s gehalveer
1 koppie dik witsous
1 klein blikkie salm of garnale gedreineer ( vlok die salm)
sout peper en gerookte paprika
suurlemoensap, olyf of advokado olie bietjie suiker
gerasperde kaas

Haal die pit uit en skep die vleis uit. Sny die vleis in klein blokkies, sout en peper. Meng met salm of garnale met helfde van witsous. Vryf die binneste van die skil met suurlemoensap en olyf olie. Skep die vulsel en die res van die witsous en dan gerasperde kaas bo-oor in die skille.
Bak in oond op “grill” tot borrellend.
Bedien dadelik.

Resep en foto: Martie Fourie Moolman




GEBAKTE AVOKADO

2014-04-13-gebakteavotested

GEBAKTE AVOKADO
Ons gunsteling met Avokado.
1 avokado
1 gekookte eier, fyngedruk
1 sny brood, korsies af en geweek in bietjie melk
1 eetlepel gerasperde kaas
½ teelepel Origanum
1 teelepel fyngesnyde rooi soetrissie of die vleis van 1 kersietamatie sonder die pitte of soet Chilliesous
½ teelepel Sour Cream and Chives Sprinkles
suurlemoensap
sout en peper na smaak

Verhit oond tot 180 grade°C.
Spuit ‘n plat bakplaat met verkieslik olyfoliesproei.
Sny die avo in die lengte deur en verf met suurlemoensap.
Druk die melk uit die brood en meng met die res van die bestanddele en vul die holte en bedek die hele boonste deel van die avo se twee helftes daarmee.
Bak vir 10 tot 12 minute totdat die vulsel effens verbruin het.
Dit is baie vullend en heerlik met ‘n ligte slaai daarby.

BRON- Rhona Richards Peens




GEROOKTE HOENDER EN AVOKADO SLAAI

2014-04-13-gerooktehoenderenavokadoslaai

GEROOKTE HOENDER EN AVOKADO SLAAI
500 g Gerookte hoender
2 Middelslag ryp avocados
100 g Neute van jou keuse
Baba spinasieblare
Rooi Soetrissie
Olyfolie
Balsemiek asyn
Heuning
Slaaisous

Sny die gerookte hoender en twee avokado’s in egalige dun skywe.
Rooster jou 100 g neute in ’n droë pan. Laat dit afkoel.
Sny rooi soetrissie in repies, skroei vinnig in warm pan met olyfolie. Laat afkoel.
Spoel babaspinasieblare onder lopende water , plaas in droe skoon vadoek, en skud oortollige water uit… rangskik dit op ’n mooi slaaibord.
Strooi die hoenderskywe , geroosterde rooi soetrissie en sprinkle neute oor die slaai en rangskik die avokado bo-op. Sit voor met ’n slaaisous van gelyke dele olyfolie, balsemiekasyn en heuning

BRON- Steph Kirchner




ONTBYTBROODJIES

2014-04-06-ontbytbroodjiestested
ONTBYTBROODJIES
Hoeveelhede van die bestanddele is volgens die hoeveelheid broodjies wat voorberei word.
lang rolletjies
uie, opgesny
knoffel, fyngemaak
pietersielie, gekap
viennas, opgesny
botter
koekmeel
melk
kaas, gerasper
Sny lang rolletjies in die lengte deur en rooster dit onder die oond se element.
Braai die ui, knoffel, pietersielie en gesnyde viennas in ‘n warm pan op die stoof met botter.
Voeg meel by, roer deur en voeg melk by.
Roer oor matige hitte tot ‘n dik witsous vorm.
Skep die vulsel oor die rolletjies, strooi die kaas oor die vulsel en rooster die gevulde broodjies onder die oond se element.
Resep en foto: Corne Liebenberg




VISPASTEITJIES

vistertjiestested
VISPASTEITJIES
Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml bruismeel
125 ml kookolie
125 ml melk
2 eiers, geklits
2 klein blikkies vis – sardyne in tamatiesous
250 ml grof gerasperde cheddarkaas
3 ml rissiepitte
varsgemaalde swartpeper en sout na smaak
pietersielie

Meng die bruismeel, kookolie en melk saam, voeg die eiers by.
Dreineer die vissous en voeg dit by die deeg mengsel. Die deeg mengsel is slapperig.
Maak die vis “skoon en druk die vis fyn met ‘n vurk.
Skep lepelsvol deeg in ‘n gesmeerde kolwyntjiepan.
Skep ‘n teelepel vis in die middel bo-op die deeg en weer ‘n lepelvol deeg. Strooi kaas oor en dan pietersielie.
Bak ‘n in warm oond 180ºC vir so 20 min tot goudbruin en gaar.
Bedien met slaaie as ‘n ligte aandete of as versnappering.




MEXICAN CHILLI CON CARNE BAKED POTATO

2014-03-23-leannethurstoncoetzertested
MEXICAN CHILLI CON CARNE BAKED POTATO

My aartappel gereg is Mexican chilli con carne baked potatoe with cheese, guacomole and sour cream

Die resep is eenvoudig, ek braai ‘n uie met knoffel en greenpepper en chillie, soveel chillie soos waarvan jy hou. Dan voeg ek bietjie maalvleis daarby en braai dit to lekker bruin, voeg dan tamatie paste by en ‘n blikkie Koo baked beans (Koo is net meer tamatierig as die ander). Maak ‘n gebakte aartappel in die oond en wanneer dit gaar is sny jy ‘n kruis op, druk dan sodat die aartappel oopmaak. Sit chillie con carne daarop en dan gerasperde kaas, suurroom en fyngedrukte avocado. Dis ‘n wenner in my huis.

BRON- Leanne Thurston Coetzer




AARTAPPEL EN CABANOSSIE WORS QUICHE

2014-03-23-aartappelencabanossieworsquichetested
AARTAPPEL EN CABANOSSIE WORS QUICHE

Ek maak wat ek noem gedrukte aartappels, maar wat ek dinkjulle noem Plat aartappels. Kook die aartappels in die skil tot sag. Dreineer en laat effens afkoel. Druk nou die aartappels op ‘n plat oppervlakte met die kussing van jou hand, saggies dat dit oopbars.
Plaas dit versigtig in diepolie en braai tot die buitekante lekker kragerig is en die binneste van die aartappel wat sigbaar is, begin verbruin. Hierdie aartappels kan net so voorgesit word met ‘n blob botter in elk en lekker dik gestrooi met Aromat. Ek het egter die aartappels geneem en verder plat gedruk en versprei onder in ‘n gesmeerde oondbak. Rangskik nou die worsies daar in en giet ‘n mengsel van 3 eiers, 250ml melk en ‘n pakkie kaas en bacon Potato bake (goed gemeng) daaroor. Bak in die oond by 180ºC vir 30 minute. LEKKER!! Soos jy kan sien is daar nie ‘n kors nodig nie en het dit pragtig gesny en skoon uit die bak gekom.

ADAM CLOETE




RANDREKKER LASAGNE

randrekker lasagnetested
RANDREKKER LASAGNE
1 blikkie bullybeef, in blokkies gesny
2 groot uie
1 blikke sweetcorn
1 groot tamatie
mayonnaise na smaak
chutney na smaak
kaassmeer (in my geval Homemade)
sout en pepper na smaak

Braai uie en tamatie saam voeg die bullybeef en sweetcorn by, geur met mayonnaise, chutney en ander geurmiddels.
Pak lae met lasagne velle en bully vulsel, ek voeg ‘n pakkie sampioen sop poeier by die om dit nog verder te rek.
Smeer kaassmeer bo-oor en bak vir 30 minute.
Dis goedkoop en baie baie lekker.
BRON: Riana Barnard Sadler




KOOLGEREG

kool2
KOOLGEREG
My man is mal oor kool en ons het hierdie al baie gemaak en dis regtig lekker, maar baie ryk. Sit ‘n heel kopkool op foelie in ‘n oondpan. Smeer die hele kool dik met regte botter, strooi Aromat oor dat dit sommer so geel is. Pak dit toe met repies spek, en vou dit toe in die foelie. Bak vir so ‘n paar uur by 18ºC.
Dis heerlik, en mens het nie regtig nog iets saam met dit nodig nie.

BRON- Jane Burger Perkins




HOENDERLEWER- EN BLOMKOOL FRITTERS

tested
HOENDERLEWER- EN BLOMKOOL FRITTERS
Ek het gisteraand een van my ietwat vreemde kombinasies gemaak maar julle sal nie glo hoe lekker dit is nie. Dit is my eie resep. Dis ook baie lekker om in klein balletjies te maak en koud by ‘n vingerete te bedien.
500 g hoenderlewers
1 gekookte medium blomkool
1 fyngekapte ui
3 aartappels, saggekook en fyngemaak met die skil
sout na smaak
1 teelepel cayenne peper
2 teelelpels fyn knoffel
2 teelepels oreganum
1 teelepel gemengde cumin en coljander poeier
3 eetlepels bruismeel
1 eier.

Dreineer die rou hoenderlewers en maak dit fyn in ‘n voedselverwerker. Sny die gekookte blomkool op en maak dit ook fyn en meng met die hoenderlewers. Meng dan al die bestanddele saam. Skep lepels vol in warm olie en bak tot goed bruin aan elke kant. Nie langer as 4 minute aan ‘n kant nie. Bedien warm of koud.
ADAM CLOETE