GEBAKTE ADVOKADOPEER
2 avokado’s gehalveer
1 koppie dik witsous
1 klein blikkie salm of garnale gedreineer ( vlok die salm)
sout peper en gerookte paprika
suurlemoensap, olyf of advokado olie bietjie suiker
gerasperde kaas
Haal die pit uit en skep die vleis uit. Sny die vleis in klein blokkies, sout en peper. Meng met salm of garnale met helfde van witsous. Vryf die binneste van die skil met suurlemoensap en olyf olie. Skep die vulsel en die res van die witsous en dan gerasperde kaas bo-oor in die skille.
Bak in oond op “grill” tot borrellend.
Bedien dadelik.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman








