

BANANA LOAF IN CONVECTION OVEN
3 ripe bananas
4 tablespoons margarine
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon bicarbonate soda
2 cups flour
1 cup sugar
2 eggs
2 ml vanilla essence
pinch of salt Continue reading


BANANA LOAF IN CONVECTION OVEN
3 ripe bananas
4 tablespoons margarine
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon bicarbonate soda
2 cups flour
1 cup sugar
2 eggs
2 ml vanilla essence
pinch of salt Continue reading→


ELSABIE SE HEERLIKE AARTAPPELS IN DIE KONVEKSIE OONDJIE
Ek gebruik Sifra, Up-to-date of Valour aartappels (hulle is melerig binne as hulle gaar is, dieselfdes wat ek gebruik vir fyn aartappels). Was en droog goed af en prik die skil met ‘n vurk reg rondom. In ‘n plastiek sakkie gooi ek 100ml gesmelte botter en 50ml olyfolie, vars roosmaryn en knoffel, sout en pepper na smaak en gooi die aartappels in die sakkie en vryf die bottermengsel goed oor elke aartappel.
Voor verhit jou oondjie soos aangedui. Wanneer die oondjie warm is gooi die aartappels uit op die lae rakkie saam met enige botter mengsel. Stel oondjie op 260°C met die waaier op hoog vir 35 minute. As jou aartappels groter is, stel net jou tyd bietjie langer. Die familie het gesê ek kan dit maar weer doen. Ek het my aartappels halfpad opgedraai want hulle was nogal groot.
Resep: Elsabie Templeton


LAMS TJOPS IN DIE KONVEKSIE OONDJIE
Nou ja, nooit te oud om te leer nie. Nadat julle nou die dag so lekker gesels het oor die klein konveksie oondjie, het ek vandag sommer lams boudtjops in die bak direk gepak en lekker balsamiese asyn en olyfolie gemeng en oorgegooi, baie gesnyde uie oor die vleis gepak en toe my kruie en speserye oorgegooi. Die oondjie op 175°C aangesit vir ongeveer 20 minute, die vleis omgedraai en die aartappels lekker met olyfolie gesmeer en ingepak.
Continue reading→
BENHET SE GEDROOGDE APPELS
Appels gedroog in my glas oondjie!!
Ek het 60 ml suiker gesmelt in 60 ml kookwater en toe gekook en laat afkoel. Doop appels (ek het 2 appels gevat) skywe in die stroop. Plaas op onderste rakkie vir 30minute op sy laagste hitte toe maak ek dit net bietjie los van die rakkie en weer 30 minute.
Voila! Heerlik wit en lekker! Hulle is sommer so krakerig as hulle koud is. Daar was stroop oor, kan defnitief 3 appels in daardie stroop doen!
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis


FRIKKADELLE IN DIE HALOGEEN OONDJIE
300 g maer maalvleis
3 snye brood (korsies af en geweek in water)
1 medium ui, gerasper
1 aartappel, gerasper
2 eiers
125 g oats
Druk water uit brood en meng met die maalvleis. Meng alles saam en maak bolletjies. Sit in bak en smeer bietjie olie oor.
Bak vir 30 minute by 180°C.
Resep en foto: Alta Theart


VEELVULDIGE KOEKIES
Ek het die resep iewers gekry en nog nooit tyd gekry om dit te toets nie. Ek het dit aangepak en dit in my “oondjie” getoets, werk wonderlik.
8 koppies koekmeel
5 koppies suiker
2 koppies kookolie
6 eiers
1 koppies melk
5 eetlepels bakpoeier
1 eetlepel asyn
knippie sout
Continue reading→
VARKVEL (CRACKLINGS)
Eerste keer varkvelle (cracklings) uitgebraai. Heerlik. Ek het die idee by my vriendin Anlia gekry.
varkvelle
sout
Laag velle plat gelê op die onderste rakkie en so 2 eetlepels sout oorgestrooi. Die tweede rakkie bo weer ‘n laag velle gepak, weer sout oorgestrooi. Oondtjie gestel op sy hoogste. Tyd gestel op 20 minute en uitgehaal. En toe weer gestel op 10 minute om die onderstes weer verder te braai. Sodra dit afgekoel het breek in stukkies.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie



PIESANGRAAD SE PIESANGBROOD
Nota: Hierdie is die mees suksesvolste piesangbrood resep wat ek nog probeer het (en ek het al ‘n hele paar probeer na aanmoediging van vriendinne!). Beslis die geurigste ene en dis waarom ek dit met vrymoedigheid aanbeveel en elke keer terugkom na die een.
125 ml/115 g botter en/of margarien (*gebruik botter en vermeerder na 150 g)
250 ml suiker (*gebruik “castor sugar” omdat dit makliker verroom met die botter)
2 groot eiers
5 ml vanilla geursel (*gebruik karamel geursel vir meer geur & smaak)
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml koeksoda
250 ml ryp piesang moes (*verdubbel die piesangs na 500 ml, ongeveer 6 piesangs)
25 ml suurlemoensap (*vermeerder na 75 ml of een uitgedrukte suurlemoen)
*Fyn gerasperde skil van een suurlemoen (rasper eers die skil voordat jy die suurlemoen uitdruk)
*250 ml grondboontjies gekap maar nie heeltemal fyn nie Continue reading→
KALAHARI BROOD
4 koppies koekmeel
30 ml melkpoeier
½ pakkie kitsgis (die pers een)
10 ml sout
20 ml geelsuiker
30 ml botter
2 koppies water
Meng droë bestanddele en botter goed saam, voeg water by en knie goed saam. Laat rys tot dubbeld die grootte. Knie af en maak broodjie op en laat weer rys tot verlangde grootte. Bak teen 180°C tot brood goudbruin is. Continue reading→


DEATH BY CHOCOLATE
250 ml cake flour
10 ml baking powder
1 ml salt
125 ml sugar
30 ml cocoa
30 ml soft butter or margarine
125 ml milk
2,5 ml vanilla essence Continue reading→
You cannot copy content of this page
