VARKVEL (CRACKLINGS)
Eerste keer varkvelle (cracklings) uitgebraai. Heerlik. Ek het die idee by my vriendin Anlia gekry.
varkvelle
sout
Laag velle plat gelê op die onderste rakkie en so 2 eetlepels sout oorgestrooi. Die tweede rakkie bo weer ‘n laag velle gepak, weer sout oorgestrooi. Oondtjie gestel op sy hoogste. Tyd gestel op 20 minute en uitgehaal. En toe weer gestel op 10 minute om die onderstes weer verder te braai. Sodra dit afgekoel het breek in stukkies.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie








