Skei eiers en klits eierwitte styf met bietjie van die suiker en vanilla
Klits eiergele, botter en res van suiker tot skuim.
Meng droee bestanddele en vou in eiergele in, dan melk en sout.
Vou eierwit in by die eiergeel mengsel.
Gooi in pan of twee kleiner panne en bak vir 30 minute teen 180ºC.
Indien verkies kan jy gesmelte botter oor die klaargebakte tert smeer met ‘n kwassie, kaneelsuiker oorstrooi en dan onder ‘n grill sit tot gesmelt.
Hou dop want dit brand maklik.
Foto en resep: Kiti de Jager
One thought on “KITI SE KORSLOSE MELKTERT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Onthou, hoe dieper jou pan is hoe langer bak hy. As jy in twee vlak panne bak, sal die baktyd 30 minute wees, maar een diep pan soos my foto bak hy 45-60 minute. Dit is nie heeltemal gestol as jy hom uithaal nie, hy stol as hy koud word. Dit dril nog so bietjie as jy hom uithaal, maar as hy baie loperig is, bak 10 minute langer.