

3 BESTANDDELE VRUGTEKOEK IN DIE HALOGEN OONDJIE
750 ml “ice coffee”
1 kg koekvrugte
2 koppies bruismeel
Week vrugte oornag in koffie. Volgende oggend – meng bruismeel in. Bak 1 uur teen 150°C in Halogen oondjie.


3 BESTANDDELE VRUGTEKOEK IN DIE HALOGEN OONDJIE
750 ml “ice coffee”
1 kg koekvrugte
2 koppies bruismeel
Week vrugte oornag in koffie. Volgende oggend – meng bruismeel in. Bak 1 uur teen 150°C in Halogen oondjie.



HEERLIKE LAMSBOUD IN DIE KONVEKSIE OOND
Heerlike skaapboud vir ‘n konveksie oondjie. Ek kan met sekerheid se as julle hom so gaan maak is daar geen ander manier wat jy sal wil probeer nie, die vleis is so sag en sappig en om op te hou is moeilik.
1 lambsboud
3-4 knoffelhuisies in ¼ te gesny
vars basilliekruid blare, heel
spek in blokkies gesny
vars roosmaryn takkies in 3 cm stukkies gesny
groen + rooi soetrissie, in stukkies gesny
1 ui in stukkies gesny
peppadew (mild) in stukkies gesny
15 ml rooiwyn asyn
¼ koppie basilliekruid “infused” olyfolie (Foodlovers hou dit aan )
¾ koppie rooiwyn (Cabernet Sauvignon)
50 ml worcestersous
200 ml Championship braaisous (Checkers) Continue reading→
MAAK ALLES IN EEN ONTBYT
Nog net 2 keer gebruik, wit olifantjie. Vanoggend ontbyt gemaak in die oondtjie.
Brood gerooster daarin, botter gesmeer. Uie en tamatie bo-op die brood en nog verder vir vyf minute gerooster op die hoogste temperatuur.
Toe ses eiers daarin gebreek en toe nog verder 5 minute gerooster op hoogste temperatuur. Ek het snye kaas daaroor gesit en gesmelt, moenie sout en peper vergeet na die eiers nie.
Toe sommer ‘n russiese worsie (russian) gesny en ook bo-oor gesit.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie


LEKKER KRAKERIGE PORK BELLY IN DIE HALOGEEN OOND
1.2 kg pork belly
2 eetlepels heuning
2 eetlepels sojasous
1 knoffelhuisie, gekneus
½ teelepel vars gemmer, gekneus
sap van 1 suurlemoen
1½ teelepel Chinese five spice
2½ teelepel sout
olyfolie en ekstra sout vir vetkant
Continue reading→


FRIEDA SE TUNATERT
Dis heerlik en ‘n ete net so saam met ‘n groenslaai… baie lekker in die tortilla en vullend.
2 blikkies Tuna
2 eiers, geklits
1 sny witbrood
1 teelepel aromat
1 ui, gekap
1 koppie melk
½ koppie mayonnaise
1 koppie gerasperde kaas
Meng alles, bak 20 minute by 180°C in konveksie oond.
In ‘n gewone oond sal dit 30 – 40 minute bak.
Resep en foto: Frieda Greyling


EASY ROAST CHICKEN IN HALOGEN OVEN
1.5 kg chicken
touch of soy sauce to brush
1 onion
salt and pepper
chicken seasoning
First wash and pat dry chicken, removing the neck and any giblets. Peel and place a whole onion in the cavity of the chicken. Then brush skin with soy sauce. Put slices of garlic or lemon under the skin on the breast and legs. Put in oven on rack and cook for 40 minutes at 180°C/350°F. Turn chicken over and cook a further 15 minutes.
Recipe: Luka Page
Photo: Linda Bouwer Peo


HOENDERFILETTE MET LEMON AND HERB SLAAISOUS
Maak ‘n sous van lemon and herb slaai sous en vars kruie na smaak. Smeer die hoenderborsies met die sous. Plaas in ‘n oondbak wat in jou oondjie pas soos op foto. Begin so op 150°C vir 10 minute aan ‘n kant en draai op na 220°C en rooster (grill) net vir die laaste 10 minute. Smeer die hele tyd van jou sous oor die hoenderstukke. Sny ook met ‘n messie om te sien hoe gaar dit is. Liewers te rou as oor gaar. Sit dit dan net terug vir nog so 10 min indien nodig.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel


KAASSKONS IN KLEIN OONDJIE
4 eetlepels olie
1 eier
¾ koppie melk
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 ½ koppie gerasperde kaas
½ teelepel pietersielie
Meng alles saam en skep lepelsvol in klein muffin pannetjies of in ‘n ring pan. Spuit met “spray en cook”. Bak vir 30 minute by 175°C.
Foto: Marie Rheeder Troskie
You cannot copy content of this page
