MAAK ALLES IN EEN ONTBYT
Nog net 2 keer gebruik, wit olifantjie. Vanoggend ontbyt gemaak in die oondtjie.
Brood gerooster daarin, botter gesmeer. Uie en tamatie bo-op die brood en nog verder vir vyf minute gerooster op die hoogste temperatuur.
Toe ses eiers daarin gebreek en toe nog verder 5 minute gerooster op hoogste temperatuur. Ek het snye kaas daaroor gesit en gesmelt, moenie sout en peper vergeet na die eiers nie.
Toe sommer ‘n russiese worsie (russian) gesny en ook bo-oor gesit.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie








