Druk die boud goed vol gate (moenie skaam wees nie) en spice hom goed in die gate met die droë speserye. Druk ‘n ¼ stukkie knoffel in elke gat gevolg met ‘n heel basil blaar, dan ‘n stukkie ui en dan die spek blokkie, gevolg met die groen en rooi rissie, en laastens ‘n stukkie peppadew. Druk in elke gat ‘n stukkie roosmaryn net sodat die blaartjies uitsteek en plaas die boud in ‘n bak vir marinering. As daar ui en soetrissies ens. oorbly sit dit saam in die bak. Meng die asyn, wyn, worcestersous, en braai sous in ‘n aparte bak en spuit die boud goed met die sous, giet die oorblywende sous oor die boud en laat hom goed marineer vir so 2 ure. Sit ‘n “extension” ring op jou oondtjie en voorverhit hom. As hy afslaan stel sy grade op 190°C en waaier spoed, meduim vir so 2 ure afhangende van jou grootte van die boud. Sit jou boud in en na so elke ½ uur smeer die oorblywende marineer sous oor die boud en draai om. Geniet!!!
Resep en foto: Ilona Turner
One thought on “HEERLIKE LAMSBOUD IN DIE KONVEKSIE OOND”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.










geskuif