


HEERLIKE VERSIERSEL OP DIE STOOF
Resep: Charlotte Verwey da Silva.
Geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Maria Kolesky
Tweede foto: Judy Hendriks Dames dit is die resep – versiersel op die stoof gemaak… Dit is ‘n treffer!
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml melk
90 ml koekmeel
150 ml suiker
250 g margarien
5 ml vanilla
Meng die melk en koekmeel in ‘n bekertjie en gooi deur ‘n siffie in kastrol. Voeg suiker by en verhit oor lae hitte tot kookpunt, jy moet die hele tyd roer. Kook vir so minuut tot dik en gaar, maak seker daar is geen klontjies in nie. Skep in bakkie en sit in die yskas om heeltemal af te koel.Klop margarien met klitser tot sag en voeg nou die afgekoelde mengsel in twee dele by, terwyl jy die hele tyd klits.. Dit sal slap lyk maar hou jy maar net aan met klits. Dit sal die tekstuur van geklopte room kry dan weet jy dit is amper reg. Klits nou die vanilla by en proe, indien jy dit soeter wil he kan jy 50 ml strooisuiker by voeg.
Hierdie is ‘n fantastiese versiersel vir die rooi fluweelkoek. Die versiersel is op sy lekkerste as hy so uur of wat gestaan het. Geniet dit>
VIR SJOKOLADE VARIASIE, Voeg 50 ml kakao by en verminder die meel met 50 ml. Meng die kakao met bietjie melk en voeg by die mengsels
ROOMKAAS VARIASIE
Petré Van Jaarsveld – Ek het die suiker met versiersuiker vervang en n 3/4 bakkie roomkaas bygevoeg, kook verder net soos die resep sê..
GOEIE RAAD:
Petré Van Jaarsveld – Gebruik ‘n gel of poeier kleursel. Die gewone botteltjies koek kleursel saam met die margarien het myne laat lyk of dit skif. Gebruik dan ook wit margarien, Geel margarien verander die kleur. Kleur die gedeelte wat eers gekook moet word, Bietjie donkerder as die kleur wat jy wil hê.
Kan ek karamel bysit: Ja ..jy kan… Meng dit eers met die deel wat gekook word.
Laat heeltemal koud raak en klits dit dan saam met die botter.
Met roomkaas versiersel…klits jy die roomkaas en vanieljegeursel eers saam met die botter en voeg dan die koue gekookte gedeelte by.
Nota deur Maria Kolesky
Dames ek het onlangs dieselfde resep gebruik om ‘n lemoenkoek te versier en het die melk vervang met heerlike vars lemoensap. Maak net seker dat dit gesif word om die segmente (?) te skei van die sap. Dit was net so lekker. Ek sluit foto in van die gevriesde weergawe daarvan, ongelukkig nie ‘n baie goeie foto nie. Onthou asseblief dat die gevriesde versuiker nie in mikrogolf mag ontdooi word nie.
Die foto van Anthea Natasha Anthony Fredericks
Foto: Lizelle Erasmus
Werk baie goed vir die teddiebeer koek ook
Suryna van der Walt se ma het ‘n rolkoek gemaak en besluit om die versiersel te gebruik. Dit werk fantasties en die smaak is nog beter.
Foto Suryna van der Walt

Foto: Corrie Venter








Lize Van Jaarsveldt
ek is nie lief vir soet nie en die voel asof dit net vir my uitgedink is! Maak al my cupcakes met die versiersel, dit set lekker en mens kan dit geur en kleur soos jy wil…
done.. sonder comments
Lizelle Erasmus
Ek het vir my seuntjie se 1jaar verjaarsdag die koek gebak en die versiersel op die stoof gemaak. Sal nooit weer n ander versiersel maak nie.
Petré Van Jaarsveld
Het ook die Heerlike versiersel op die stoof gebruik en ook n bietjie verander…
3/4 koppie lemoensap en 1/4 koppie melk gebruik, asook gerasperde skil van 1 lemoen en 50 g pekaneute wat ek met die eindproduk gemeng het.
Anthea Natasha Anthony Fredericks
Dankie Rina vir die versiersel op die stoof resep.Dit is fantasties en die beste ooit.Dit is roomerig en nie so soet nie nie en dit bly styf.My versiersels het altyd gesmelt in die verlede maar die een is n wenner.Dit is my koek wat ek vir moedersdag gemaak het n lemoen koek.My familie was baie be indruk lol.
Petré Van Jaarsveld:
Dankie Rina Kleinhans….. Die gekookte versiersel is heerlik.. Sal nie sommer weer enige ander versiersel gebruik vir koeke, cupcakes en tamboesies nie… Baie goeie plaasvervanger vir room… Raak nie waterig nie, en behou die styfheid.. Val ook glad nie plat nie…