LEMOENVARKTJOPS
ʼn skeutjie olie
6 groot varklende tjops [sowat 1 kg] sonder swoerd of oormatige vet
ʼn bietjie seesout en vars gemaalde peper
250 ml vars lemoensap
30 ml sojasous
2 ml fyn kaneel
ʼn klein stukkie vars gemmerwortel geskil en grof gerasper
5 ml fyn gerasperde lemoenskil
10 ml loperige heuning
60 ml pitlose rosyne
30 ml koekmeel
Groenvrugtesap [ opsioneel]
Verhit die olie in ʼn braaipan, voeg die tjops by en verseël vinnig aan weerskante – moenie bruin braai nie.
Skep oor in ʼn oonskottel waarin dit taamlik styf pas en geur liggies met sout en peper.
Meng die lemoensap met die res van die bestandele, behalwe die meel.
Roer die meel by die panvet tot geabsorbeer en voeg die lemoensapmengsel by.Roer terwyl dit opkook en giet oor die tjops in die oondskottel.
Maak dig toe met n vel waspapier met foelie bo-oor.
Bak vir 1 uur teen 180 °C.
Keer die tjops om, maak weer toe en bak vir nog 15 minute.
Variasie.
Vervang die groenvrugtesap met 125 ml hoenderaftreksel
6 hoenderborsies
Laat die rosyne uit.
Baie baie lekker.
Geplaas deur Rene Truter Wessels
Uit Eet Heerlik – Lynn Bedford Hall
Foto: Francis Smith
One thought on “LEMOENVARKTJOPS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif met variasie