


PIESANGRAAD SE PIESANGBROOD
Nota: Hierdie is die mees suksesvolste piesangbrood resep wat ek nog probeer het (en ek het al ‘n hele paar probeer na aanmoediging van vriendinne!). Beslis die geurigste ene en dis waarom ek dit met vrymoedigheid aanbeveel en elke keer terugkom na die een.
125 ml/115 g botter en/of margarien (*gebruik botter en vermeerder na 150 g)
250 ml suiker (*gebruik “castor sugar” omdat dit makliker verroom met die botter)
2 groot eiers
5 ml vanilla geursel (*gebruik karamel geursel vir meer geur & smaak)
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml koeksoda
250 ml ryp piesang moes (*verdubbel die piesangs na 500 ml, ongeveer 6 piesangs)
25 ml suurlemoensap (*vermeerder na 75 ml of een uitgedrukte suurlemoen)
*Fyn gerasperde skil van een suurlemoen (rasper eers die skil voordat jy die suurlemoen uitdruk)
*250 ml grondboontjies gekap maar nie heeltemal fyn nie
Smeer ‘n broodpan van 26 x 11 x 7 (myne is effens groter 30 x 13 x 9) met smeer en skud uit met meel (dit verhoed dat die piesang brood vassit). Stel oond op 180°C.
Klop botter en suiker saam tot geroom. Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg geursel by en meng. Sif droe bestandele (behalwe die koeksoda!) saam. Strooi die koeksoda op die piesangmoes en meng goed. Sit die suurlemoensap en gerasperde skil by die piesangmoes. Voeg die piesangmoes by die eier en botter mengsel en meng. Gooi stadig die meel mengsel en die grondboontjies by die klam mengsel en meng goed.
Gooi die beslag in die broodpan, sit in warm oond en bak vir ± 1 uur of totdat toetspen skoon uitkom en die broodjie mooi bruin is bo-op. Haal uit die oond en laat afkoel vir 10 min voordat jy versigtig die broodjie uit die pan gooi.
In ‘n gasoond gaan jy vind dat dit so 5 tot 10min langer gaan bak omdat dit ‘n klam hitte is.
Ek het vandat se broodjie in my LG Solardom konveksie oond gebak omdat hy soos ‘n wit olifant staan en net melk en kos warm maak! Dit het goed gewerk (helfte van die tyd!) maar die broodjie is vir my te donker bo en te lig onder. Ek gee in elk geval die instruksies:
Voorverhit die konveksie oond tot by 200°C en bak op die laagste rak op Speed Combi 5, 190°C + 180°C vir ongeveer 30 minute.
FOTO’s – Elsabie Templeton
Nota: Ek het vanoggend hierdie een gemaak en het al amper die helfte opgeeet op my eie. Veerlig en lekker!
Ek het die “meer” eerder as die “minder” gebruik soos voorgestel. Ek het nie grondboontjies gehad nie het daarsonder gegaan – Petro Borchards
Daai piesangs het gesmeek om gebruik te word 😂Ek het net vandag paar ekstra goed bygesit:
1 koppie grondboontjies en rosyntjies
½ koppie vesel (wheat bran)
½ koppie gekraakte koring (crushed wheat)
Ek het die resep 3 x aangemaak en in 4 broodpannetjies gebak (22×11×7 cm)






