

Ek het tannie Poppie sin so bietjie verander en het sommer die naam verander na Pastasous, dit smaak heerlik. Ek het dit met ‘n “stick blender” fyn gemaak. Die sous is lekker dun en werk goed saam met pasta.
2ml fyn naeltjies,
2ml wonderpeper,
2 ml foeliespeserye,
2 ml fyn koljander,
5 ml fyn gemmer,
5 ml mostertsaad,
2,5 ml rissiepoeier,
5 ml peper,
5 ml sout,
1 knoffelhuisie (fyngekap),
12 groot tamaties (geskil),
1 groot ui,
400ml asyn.
(Hier stop tannie Poppie se resep – maar ek het nog die volgende bygevoeg)
1 kop suiker,
1 blikkie tamatie puree,
15 ml gedroogde basiliekruid.
Stamp die speserye, geurmiddels en knoffel fyn. Sny die tamaties kleiner en kook sonder water tot sag. Voeg nou al die ander bestanddele bymekaar en kook goed deur. (Hier het ek dit fyn gemaak met die blender) En bottel dit warm soos hier bo gesê is. O ja ek het dit met ‘n eetlepel maizena verdik.
BRON – Sandra Du Preez Thirion
N.S. – Foeliespeserye is mace die buitenste dop van nutmeg/ neutmuskaat






