MALASSADAS
Meng die volgende saam:
2 koppies koekmeel
½ teelepel kaneel
10 ml bakpoeier
sout
50 ml suiker
Klits die volgende saam:
4 eiers
1 koppie water
Ekstra:
1 eetlepel suurlemoensap (of gerasperde skil)
olie
Maak ‘n gaatjie in die meel en voeg die suurlemoensap (of gerasperde skil) by. Giet die eier/watermengsel by. Klits goed. Maak pot half met olie. Sodra die olie warm is, skep lepels vol in warm olie, en laat gaar word, moenie te donker laat raak nie. Hou die stroop warm.
Stroop – Kook die volgende saam:
325 ml water
250 ml suiker
Hou warm.
Doop bolletjies in stroop sodra dit uit die olie kom, haal uit en dreineer.
My familie eet die helfte met stroop en die res net so.
Resep en foto: Dorea Fischer