

ELSABIE SE HEERLIKE AARTAPPELS IN DIE KONVEKSIE OONDJIE
Ek gebruik Sifra, Up-to-date of Valour aartappels (hulle is melerig binne as hulle gaar is, dieselfdes wat ek gebruik vir fyn aartappels). Was en droog goed af en prik die skil met ‘n vurk reg rondom. In ‘n plastiek sakkie gooi ek 100ml gesmelte botter en 50ml olyfolie, vars roosmaryn en knoffel, sout en pepper na smaak en gooi die aartappels in die sakkie en vryf die bottermengsel goed oor elke aartappel.
Voor verhit jou oondjie soos aangedui. Wanneer die oondjie warm is gooi die aartappels uit op die lae rakkie saam met enige botter mengsel. Stel oondjie op 260°C met die waaier op hoog vir 35 minute. As jou aartappels groter is, stel net jou tyd bietjie langer. Die familie het gesê ek kan dit maar weer doen. Ek het my aartappels halfpad opgedraai want hulle was nogal groot.
Resep: Elsabie Templeton






