

ELIZE SE SWEET CHILLI SAUCE
20 rooi en groen chillies baie fyn opgesny
6 uie baie fyn opgesny
6 groenerige tamaties fyn gesny
1 koppie suiker
2 koppie asyn
2 koppies tamatie sous
Blik appelkooskonfyt
Kook als in die asyn en suiker tot sag. Gooi blik konfyt en tamatiesous in en bly roer. Laat prut tot konfyt gesmelt is. Hou aan roer. As baie loperig maak bietjie maizena met water aan en roer by. Laat nog rukkie prut. Kleur word al donkerder. Kan met konfyt of tamatiesous aangevul word as te *warm*
Resep en foto: Elize Van Wyk






