

VEELVULDIGE KOEKIES
Ek het die resep iewers gekry en nog nooit tyd gekry om dit te toets nie. Ek het dit aangepak en dit in my “oondjie” getoets, werk wonderlik.
8 koppies koekmeel
5 koppies suiker
2 koppies kookolie
6 eiers
1 koppies melk
5 eetlepels bakpoeier
1 eetlepel asyn
knippie sout
Meng alles. Verdeel deeg en speel. Ek het by een gedeelte klapper in gevoeg, by ander gemmer en ander een vlapoeier. Kan ook koffie of chocolate gebruik, net soos jy wil. Ek het dit in die konveksie oond op 175°C gestel en in enige glasbak gebak wat inpas. Ek het die resep verdeel in 2 en dit het my 93 koekies gegee.
Bron en foto: Elizabeth Haupt






