BEETSOP
1 pakkie beet, gekook en skoongemaak
2 appels, in blokkies gesny
1 ui, gekap en gebraai
As die uie gaar is, voeg ek die volgende by soos verkies:
cumin
kaneel
gemmer
borrie
sout
peper
knoffel
Braai speserye so bietjie saam met die uie.
Voeg die beet en appel blokkies by die uiemengsel.
Maak aan: 300 ml aangemaakte hoenderblokkies met 2 koppies water
Kook deur en sit deur die menger vir ‘n gladde sop.
Jy kan ‘n halwe blikkie coconutmelk byvoeg, dis heerlik!
Bedien koud.
Bron en foto: Ria Jacobs






