3-4 lamskenkels
2 medium uie – byt grootte gesny
3 medium aartappels – byt grootte gesny
3 medium wortels – byt grootte gesny
2 medium soet pattat – byt grootte gesny
2 appels of 2 pere – byt grootte gesny
3 medium tamaties – byt grootte gesny
4 knoffel huisies – fyn gekap
5-7 groen pampoen vingers (kan seker enige pampoen gebruik, verkies net iets met ‘n skil – daai groen en geel potjie pampoen werk nie lekker nie)
15-20 sampioene – heel tot byt grootte gesny
15-20 lang groenbone opgekap – nie te klein nie
1 klein suurlemoen in kwarte gesny – moet nie te veel suurlemoen insit nie.
Sit solank die oond aan op so 90ºC.
In ‘n groot Casserol pot, bruin/seël die skenkels in so bietjie olyf olie soos nodig.
Voeg by 1 teelepel elk van Ina Paarman se “Meat Spice” en Robertsons se “Traditional Braai Mix” terwyl ek dit gereeld om draai.
Haal die skenkels uit en sit eenkant.
Braai net die harde groente eers vir so 5-10 min – uie, wortelse, appels of pere, pattats en aartappels.
Voeg so 2 teelepels Ina Paarman “Vegetable Spice” saam knoffel, sout en peper (Ek skat maar na smaak).
Skep net so oor die hefte (3/4) van die groente uit – Nou kan jy maar die stoof plaat afsit.
Pak die lamskenkels lekker styf teen mekaar bo op die oorblywende groente en gooiskep die uitgeskepte gebraaide groente terug.
Versprei dan die opgekapte tamaties bo oor.
Sousie:
1 pakkie Ina Paarman – Olive oil and Rosmerry “coat and cook in sauce” (So pers pakkie)
1 blokkie knorr stock – lam
1 blokkie knorr stock – vegetable
8 eetlepels blatjang
1 eetlepel Bisto
3 teelepels bruin suiker
1 teelepel matige kerriepoeier (net nie te veel nie, want die kerrie moet nie oorheers nie)
Plaas die sousbestanddele in ‘n maatbeker en voeg kookwater by todat die 1 liter merk bereik word.
Roer tot alles opgelos is en voeg dit by in die pot.
Alles moet net net bedek wees – druk die groente so bietjie af in die sous in.
Plaas die suurlemoen skywe net so bo op alles.
Sit die deksel op en in die oond vir 3 ½ ure op 90 ºC.
Haal die pot uit en krap die suulemoen van die skil af en verwyder die skille (het al ‘n skil raak gebyt, glad nie nice nie!)
Proe sommer dan nou of daar nog bietjie sout en peper is en vul aan indien nodig.
Plaas die sagte groente bo op – sampioene en pampoentjies.
Sit die deksel op en terug in die oond vir nog 1 uur op 180º C.
Haal die lamskenkels uit.
Voeg 150 ml room in die pot en roer saggies tot opgelos.
Bedien die vleis en groente saam.
Ons hou van Basmati rys maar jy kan seker enige iets gebruik.
Geniet
Ons is net 3 in die huis en dit is baie kos, as ons klaar ge-eet het bly daar gewoonlik heelwat oor… die oorskiet vleis maak ons fyn en sit dit terug in die pot, mash die groente bietjie fyner en laat prut op die stoof vir so paar minute – voeg water by as dit te dik is… Heerlike sop vir die volgende aand!
Resep en foto: Roy van Heerden








