KALAHARI BROOD
4 koppies koekmeel
30 ml melkpoeier
½ pakkie kitsgis (die pers een)
10 ml sout
20 ml geelsuiker
30 ml botter
2 koppies water
Meng droë bestanddele en botter goed saam, voeg water by en knie goed saam. Laat rys tot dubbeld die grootte. Knie af en maak broodjie op en laat weer rys tot verlangde grootte. Bak teen 180°C tot brood goudbruin is.
Johan Coetzee: En so moet ‘n halogeen oondjie se brood lyk, drie keer die deeg se grootte ek het die brood ook in die oond laat rys teen lae temperatuur en toe gebak op175°C vir 35 minute. Kalahari brood resep gebruik net ‘n halwe pakkie kitsgis, mens moet bespaar ook.
Resep en foto: Johan Coetzee
2de Foto deur Barend Herbst gebak in klein pannetjies

Ek het net 3 koppies bruinbroodmeel en 1 koppie koekmeel gebruik. Ek knie hom in my broodmasjien, maar bak hom in ‘n broodpan in die oond
Foto: Ben Herbst
Foto met saadjies en kaas bo-oor











Geskuif
Johan Coetzee
Goeie more hier uit ń nat Kalahari
Ek het nou by twee geleenthede kaas by my broodmengsel gegooi
Ek gebruik net ń halwe pakkie gis die brood rys baie beter het ń beter tekstuur is baie sagter en bly lekker vars
Ek gebruik gouda kaas wat ek in blokkies sny so twee koppies vol