

LAMS TJOPS IN DIE KONVEKSIE OONDJIE
Nou ja, nooit te oud om te leer nie. Nadat julle nou die dag so lekker gesels het oor die klein konveksie oondjie, het ek vandag sommer lams boudtjops in die bak direk gepak en lekker balsamiese asyn en olyfolie gemeng en oorgegooi, baie gesnyde uie oor die vleis gepak en toe my kruie en speserye oorgegooi. Die oondjie op 175°C aangesit vir ongeveer 20 minute, die vleis omgedraai en die aartappels lekker met olyfolie gesmeer en ingepak.
Die oondjie af gedraai tot by 160°C en weer so 20 minute laat gaan. Die aartappels en alles vir oulaas omgedraai en weer 20 minute laat gaan, en hier is die resultaat, regtig heerlik. Mens kan nou die vleis en aartappels uithaal en die sous dikker maak met bietjie bisto, as jy dit saam met rys wil bedien. Die vleis was regtig baie lekker sag en sappig. Ek het agterna die “self was” aksie getoets.. dit werk lekker, maar glo my… jy moet hom maar nog die laaste skoonmaak gee, maar ja dit help baie.
Resep en foto: Rina Kleinhans






