

GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS
Ek plaas die wildsvleis in flouerige asynwater vir ongeveer 30 min. Giet die asynwater af en plaas die wildsvleis in ‘n groot pot op die stoof. Voeg ‘n stukkie varkspek of ‘n klein stukkie gerookte vark daarby en kook die vleis vir 20 min.
Verwyder die varkspek/gerookte vark en voeg neut, naeltjies en sout na smaak by die vleis. Kook die vleis tot super sag (gewoonlik in ‘n drukkoker), tot amper droog. Plaas die vleis in ‘n groot bak of skottel, verwyder die bene en pluis die vleis in fyn stukke (of sny dit met ‘n kombuis skêr).
Plaas die fynvleis terug in die pot en bring dit tot kookpunt. Ek sorg dat dit bietjie waterig is en bind die vloeistof met meel en paprika (sodat die vleis nie so ‘n wit kleur kry van die meel nie).
Maak die meel en paprika aan met ‘n klein bietjie water en voeg dit by die wildsvleis.
Indien nodig, voeg nog meel by en indien die vleis dalk te droog is, voeg klein bietjie water by.
Bron: Anne Snyman
Author Archives: Sonja
Pizza
VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES


VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES
Petro Borchard Ek wil ook weet hoe om aartappels in die skil te bak sodat die skil kliphard is en die binnekant totaal en al sag. Daar was jare gelede vir so 2 jaar lank ‘n franchise wat sulke gevulde aartappels gemaak het. Ek kon dit nog nooit so regkry nie
Francois En Paula DeWet Ek kook my aartappels tot sag en bak dit dan. Dan is hy sag binnekant en kraak buite.
Shereen Terblanche Braack Ouma het hulle in olie ge deep fry… Continue reading
RANDREKKER SARDYN GEBAK


RANDREKKER SARDYN GEBAK
Kook 3 groot aartappels in die mikrogolfoond tot gaar.
Sny in skyfies en plaas onder in ‘n glas Pyrex bak.
Sprinkel Ina Paarman Potatoe Spice oor.
Maak ‘n lekker dik witsous en voeg ‘n handvol kaas by, asook ‘n bietjie fyn knoffel en chillie. Net klein bietjie chillie, net ‘n hint. Geur met Aromat of waarvan jy hou.
Maak ‘n blik sardyne (pilchards) in tamatiesous oop en plaas die vissies bo-op die aartappels. Plaas ‘n lepel vol tamatiesous op elke vissie. Gee die orige sous vir die kietsies wat aan die toonbank hang.
Gooi die witsous bo-oor en sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor. Ek het Mozzarella-kaas gebruik. Plaas onder die oondrooster in die middel van die oond. Dit raak dan stadig deurwarm en bruin bo-op. Tog te lekker, hierdie armmans kossies.
Foto en resep: Louise Groenewald
VINNIGE KARRINGMELKBESKUIT
VINNIGE KARRINGMELKBESKUIT
1.5 kg bruismeel
1 boksie karringmelk
500 g margarine
2 kopppies suiker
sout
Vryf botter in die meel in en voeg res van die bestanddele by. Spoel karringmelk boksie met gewone melk uit indien jy nog vog benodig. Knie tot goed gemeng, sit in gemeerde pan om te rys. Sdra die panne vol gerys het, bak tot gaar.
Ongeveer 30 min @ 180ºC.
Droog uit.
Resep en foto: Annelie van der Merwe-Kruger
Spaghetti met Frikkadelle
Ek het die spaghetti gekook en dreineer. Sommer ‘n blikkie tamatie en ui mengsel en houertjie tamatiepasta in die pot gegooi en my tamatatiesous bottels met bietjies sous nog in met water uitgespoel en bygegooi vir die sous. Die frikkedelletjies het ek net sout en peper by die maalvleis gesit en die klein balletjies in die sous gesit en so gaar gekook. Toe het ek sommer die spaghetti bo-op gesit en dit so stadig gemeng.
Bron en Foto: Annelie van der Merwe-Kruger
Baby Spinach Salad
Gebruik jou eie hoeveelhede soos wat jy verkies.
Ek maak dit op ‘n platter en meng nie alles deurmekaar nie. B
aby spinach leaves, cherry tomatoes halved, red onion cut in thin slices, green pepper in thin slices, sliced cucumber, chopped mushrooms, croutons and thinly sliced Edam cheese. Continue reading
3 BESTANDDELE LEKKERTE – MARIEBESKUITJIE ROL



3 BESTANDDELE LEKKERTE – MARIEBESKUITJIE ROL
Smeer elke Mariebeskuitjie met karamelkondensmelk en plak opmekaar (toringtjie). Maak mooi toe in kleefplastiek en laat ‘n paar uur of oornag in die yskas.
Smeer nou die ekstra kondensmelk rondom en rol in gerasperde sjokolade (neute/klapper) kan ook gebruik word. Sny dan SKUINS snye en geniet.
Bron: Santie Carelse
How to Convert Evaporated Milk into Condensed Milk

How to Convert Evaporated Milk into Condensed Milk
Have you ever started a recipe then realized you don’t have one of the ingredients? I wanted to make Magic Cookie Bars today, but realized I only had evaporated milk and not condensed milk. Instead of running to the store to buy condensed milk, which by the way is at least twice the price as evaporated milk, I decided to search for a substitute. Here is the recipe I found and it worked out great!
To make condensed milk, use the following ratio:
for every 1 cup of evaporated milk add 1 1/4 cup of sugar.
In a sauce pan, heat the milk and sugar on low temperature until the sugar has dissolved completely stirring frequently.
Once all the sugar is dissolved, remove the mixture from the heat and allow it to cool completely.
Source: A J Langley
BRUIN UIESOP BROODJIE



BRUIN UIESOP BROODJIE
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier
1 pakkie bruinuiesop poeier (4 Porsies)
250 ml Cheddar kaas gerasper
500 ml karringmelk





