GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS

2013-06-21-wildsvleispatee
GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS
Ek plaas die wildsvleis in flouerige asynwater vir ongeveer 30 min. Giet die asynwater af en plaas die wildsvleis in ‘n groot pot op die stoof. Voeg ‘n stukkie varkspek of ‘n klein stukkie gerookte vark daarby en kook die vleis vir 20 min.
Verwyder die varkspek/gerookte vark en voeg neut, naeltjies en sout na smaak by die vleis. Kook die vleis tot super sag (gewoonlik in ‘n drukkoker), tot amper droog. Plaas die vleis in ‘n groot bak of skottel, verwyder die bene en pluis die vleis in fyn stukke (of sny dit met ‘n kombuis skêr).
Plaas die fynvleis terug in die pot en bring dit tot kookpunt. Ek sorg dat dit bietjie waterig is en bind die vloeistof met meel en paprika (sodat die vleis nie so ‘n wit kleur kry van die meel nie).
Maak die meel en paprika aan met ‘n klein bietjie water en voeg dit by die wildsvleis.
Indien nodig, voeg nog meel by en indien die vleis dalk te droog is, voeg klein bietjie water by.
Bron: Anne Snyman




Pizza

10341658_751429321563507_2816761707709321243_ntested

Gewone bacon, mushroom en kaas vir boeta. Ek en vroulief kry caramelized onion, spicey Maroccan hoender en mushroom, met kwart cherrie tamaties, pers kool en vars pietersielie. Lekkertes!

Meyer Combrinck‎




VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES

 

golden-roast-potatoes-de-mdntested
VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES

Petro Borchard Ek wil ook weet hoe om aartappels in die skil te bak sodat die skil kliphard is en die binnekant totaal en al sag. Daar was jare gelede vir so 2 jaar lank ‘n franchise wat sulke gevulde aartappels gemaak het. Ek kon dit nog nooit so regkry nie

Francois En Paula DeWet Ek kook my aartappels tot sag en bak dit dan. Dan is hy sag binnekant en kraak buite.

Shereen Terblanche Braack Ouma het hulle in olie ge deep fry…

Petro Borchard Dankie, ek gaan die kook/bak ding probeer.

Adam Cloete Shereen Terblanche Braack, daar gee jy nouself die antwoord. Kook dit tot sag en braai dan in die diepolie. Ek doen dit baie maar met aartappelblokkies en nie heel aartappels nie.

Benhet Nieuwenhuis my ouma het ons bederf en het dit soms gebraai in skaapstert vet!!!!! super lekker

Frans Odendaal Jou ma het dit waarskynlik diepgebraai in vark of skaapvet !

Alet Barnard Skil jou aartappels af en dan sny jy dit in helfte as dit bietjie groot is. Kook dit in n pot waar jy helfte water en helfte olie gelyktydig ingooi. Die water kook heeltemal weg dan braai die aartappels in die olie tot goud bruin. Vrek lekker, jy sal dit nie sommer anders wil maak nie.

Janine Snyman skaapvet is al wat ouma gebruik het. Kry jy nog skaapvet?

Frans Odendaal Janine as jy ‘n heel lam koop , ek braai die vet uit , en dan het jy sagte vet en kaaings !

Jane Burger Perkins Ek kook ook altyd eers die aartappels sag, en dan laat ek dit heeltemal koud word. Daarna word dit in warm olie gebak en dis heerlik bros buite en sag binne. Ek kook gewoonlik die aartappels op n Saterdagaand, sodat ek dit die Sondag net kan diepbraai.

Corne Marais Petro vat jou aartappel met skil en smeer dit olyf olie of gewone olie gooi sout op en vryf dit om die aartappel. Bak in die oond op die draad rakkie tot gaar. Lyk soms of hulle in die kiole gebraai het en is sag binne en krispie vel.

Marlene Vos Damster Cook peeled potatoes till nearly done. After water is poured off, shake them gently to get uneven or rough edges. Salt, pepper, and the most important thing , HOT OIL in pan. The very best to bake in is butter, or goose fat .




RANDREKKER SARDYN GEBAK

10402936_10202960491147121_2125574902632679630_ntested
RANDREKKER SARDYN GEBAK
Kook 3 groot aartappels in die mikrogolfoond tot gaar.
Sny in skyfies en plaas onder in ‘n glas Pyrex bak.
Sprinkel Ina Paarman Potatoe Spice oor.
Maak ‘n lekker dik witsous en voeg ‘n handvol kaas by, asook ‘n bietjie fyn knoffel en chillie. Net klein bietjie chillie, net ‘n hint. Geur met Aromat of waarvan jy hou.
Maak ‘n blik sardyne (pilchards) in tamatiesous oop en plaas die vissies bo-op die aartappels. Plaas ‘n lepel vol tamatiesous op elke vissie. Gee die orige sous vir die kietsies wat aan die toonbank hang.
Gooi die witsous bo-oor en sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor. Ek het Mozzarella-kaas gebruik. Plaas onder die oondrooster in die middel van die oond. Dit raak dan stadig deurwarm en bruin bo-op. Tog te lekker, hierdie armmans kossies.

Foto en resep:  Louise Groenewald




VINNIGE KARRINGMELKBESKUIT

 

10339780_10203945917516190_1469793720602595730_ntested

VINNIGE KARRINGMELKBESKUIT
1.5 kg bruismeel
1 boksie karringmelk
500 g margarine
2 kopppies suiker
sout
Vryf botter in die meel in en voeg res van die bestanddele by. Spoel karringmelk boksie met gewone melk uit indien jy nog vog benodig. Knie tot goed gemeng, sit in gemeerde pan om te rys.  Sdra die panne vol gerys het,  bak tot gaar.
Ongeveer 30 min @ 180ºC.
Droog uit.
Resep en foto: Annelie van der Merwe-Kruger




Spaghetti met Frikkadelle

 

10418320_10203945900915775_5006611869305874325_ntested

Ek het die spaghetti gekook en dreineer. Sommer ‘n blikkie tamatie en ui mengsel en houertjie tamatiepasta in die pot gegooi en my tamatatiesous bottels met bietjies sous nog in met water uitgespoel en bygegooi vir die sous. Die frikkedelletjies het ek net sout en peper by die maalvleis gesit en die klein balletjies in die sous gesit en so gaar gekook. Toe het ek sommer die spaghetti bo-op gesit en dit so stadig gemeng.

 

Bron en Foto: Annelie van der Merwe-Kruger




Baby Spinach Salad

 

10421501_10204115854601658_4938060921602917626_ntested

Gebruik jou eie hoeveelhede soos wat jy verkies.

Ek maak dit op ‘n platter en meng nie alles deurmekaar nie. B

aby spinach leaves, cherry tomatoes halved, red onion cut in thin slices, green pepper in thin slices, sliced cucumber, chopped mushrooms, croutons and thinly sliced Edam cheese.

Die slaaisous is eenvoudig en baie lekker: Equal quantities plain yoghurt, Mayonnaise (ek gebruik Crosse en Blackwell Lite Mayonnaise) en sweet chilli sauce.

Meng dit en drizzle oor die slaai.

Bron en Foto: Leanne Thurston Coetzer




3 BESTANDDELE LEKKERTE – MARIEBESKUITJIE ROL

10441445_10203155453640581_4338050154242763866_n10344782_10152458103616944_477921084071129652_ntested
3 BESTANDDELE LEKKERTE – MARIEBESKUITJIE ROL
Smeer elke Mariebeskuitjie met karamelkondensmelk en plak opmekaar (toringtjie).  Maak mooi toe in kleefplastiek en laat ‘n paar uur of oornag in die yskas.
Smeer nou die ekstra kondensmelk rondom en rol in gerasperde sjokolade (neute/klapper) kan ook gebruik word. Sny dan SKUINS snye en geniet.
Bron: Santie Carelse




How to Convert Evaporated Milk into Condensed Milk

kondensmelk

How to Convert Evaporated Milk into Condensed Milk

Have you ever started a recipe then realized you don’t have one of the ingredients? I wanted to make Magic Cookie Bars today, but realized I only had evaporated milk and not condensed milk. Instead of running to the store to buy condensed milk, which by the way is at least twice the price as evaporated milk, I decided to search for a substitute. Here is the recipe I found and it worked out great!

To make condensed milk, use the following ratio:

for every 1 cup of evaporated milk add 1 1/4 cup of sugar.

In a sauce pan, heat the milk and sugar on low temperature until the sugar has dissolved completely stirring frequently.

Once all the sugar is dissolved, remove the mixture from the heat and allow it to cool completely.

Source:  A J Langley




BRUIN UIESOP BROODJIE

10425726_10152464716907173_805200572_ntested
BRUIN UIESOP BROODJIE
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier
1 pakkie bruinuiesop poeier (4 Porsies)
250 ml Cheddar kaas gerasper
500 ml karringmelk

Voorverhit oond tot 180°C. Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg soppoeier en 200 ml kaas by en meng deur.
Meng karringmelk by en meng deur.
Skep in broodpannetjie wat met kossproei bespuit is.
Bak vir +- 1 uur of tot gaar en goudbruin.

Bron en Foto: Ousus Wepener
2de foto:  Joyce Geers Minnaar‎
Ek het bietjie gerasperde kaas bo-oor gestrooi voor ek dit gebak het