


BRUIN UIESOP BROODJIE
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier
1 pakkie bruinuiesop poeier (4 Porsies)
250 ml Cheddar kaas gerasper
500 ml karringmelk
Voorverhit oond tot 180°C. Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg soppoeier en 200 ml kaas by en meng deur.
Meng karringmelk by en meng deur.
Skep in broodpannetjie wat met kossproei bespuit is.
Bak vir +- 1 uur of tot gaar en goudbruin.
Bron en Foto: Ousus Wepener
2de foto: Joyce Geers Minnaar
Ek het bietjie gerasperde kaas bo-oor gestrooi voor ek dit gebak het






