INGREDIËNTEN
• 1.2 kg iets kruimige aardappelen
• 1 pompoen
• 1 bekertje zure room (125 ml)
• 150 gr geraspte oude kaas Continue reading
INGREDIËNTEN
• 1.2 kg iets kruimige aardappelen
• 1 pompoen
• 1 bekertje zure room (125 ml)
• 150 gr geraspte oude kaas Continue reading→



MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST
Ek het gister die geheim geleer. Braai so twee of drie uie.
Haal uit en plaas eenkant (Verskoon my Eng. en Afr so deurmekaar.) Rol jou vleis in meel en speserye van jou keuse en braai in dieselfde pot in klein bietjie olie. Sny wortels en plaas onder in jou slow cooker.
Plaas nou die gebraaide stuk Bees vleis bo op die rou wortels.
Gooi water in die pot wat jy gebruik het, So n koppie vol, nie meer nie ander is die liquid te veel.
Kook vir so 1 minute, en gooi bo oor die vleisie.
Strooi nou die gebraaide uie bo op en sit die deksels op.
Ek het dit op hoog gehad vir twee ure en toe af gedraai na slow vir 10 ure. Ek sal beef nooit weer anders gaar maak nie………
RESEP EN POT FOTO: Maryke Nel McCaig
2de Foto: Kotie Van Heerden – Dit was “uit die boonste gestoeltes”!!!!!


ANITA SE “DIK FRIK” FRIKKADELLE
Jy maak soos wat jy frikkadel maalvleis voorberei met uie, knoffel en spices
Ek vat gladwrap dan sit ek maalvleis so vuis grote op en druk dit pla
Dan neem jy kaas soos chadar en n kaas wat lekker smelt, gherkins en green pepper, lekker swart peper en sit dit bo op die plat maalvleis pattie maar moenie dit tot op die rand sit nie.
Rol dit op met hulp van die gladwrap en maak wors daarvan sorg dat alles netjies toe is dat jou kaas nie kan uitloop nie. Draai lekker styf toe in die kleef plastiek.
Ek sit hulle so uur in yskas en dan bak ek hulle in die oond of in ‘n pan.
as ek klaar is gooi ek mushroom sous oor.
Resep en Foto: Anita Groenewald Olderwagen


BERTHA SE RUM EN RAISIN-TERT
Klits 250 ml room styf.
Gooi een blik caramel by en meng goed deur.
Vat koppie en half rosyne en sit in kook water om sag te word dreineer die water en druk lekker droog gooi 5 ml vanielje by en 2 ml rum geursel.
Pak laag tennis koekies en laag van mengsel.
Baie lekker en vinnig
Resep: Bertha Harris


WILDSVLEIS SOSATIES
Ok die vleis is blesbok boud wat ek in blokkies gesny het na al die senings en vliese en goeters verwyder is.
Toe het ek bietjie amasi oorgegooi en deurgemeng en dit in bak met deksel oornag in yskas gelos.
Vanoggend het ek stukke varkvet/spek opgesny en perskes en uie en dit geryg op stokkie en dan kerriesous gemaak en gekook en dan onder in die bak gegooi en bo oor die sosaties.
Die sous moet mense maar doen wat hulle wil want ek gooi net in en wat ek kan onthou is 1 bottel bruin asyn,dan maak jy die bottel vol water na jy die asyn uitgegooi het en gooi dit ook in pot en dan omtrent 1 koppie suiker en dan 3 teelepels borrie en 3 teelepels kerrie,maizena en perske blatjang en dan roer jy nou maar die spulletjie tot dit dikker en gaar is en toe het ek sout en peper na smaak ingegooi tot dit reg smaak vir my en die sous eers laat afkoel voor ek dit gebruik het.
En die sosaties bly nou vir ten minste so 3 dae in die yskas in die sous en jy draai dit elke dag om en skep die sous weer oor en dan terug in yskas.Dan braai jy dit aan die einde van daai tyd of jy kan dit saam met die sous vries en gebruik soos nodig.
Resep: Naudéa Visser


Braai 1 ui en knoffel in botter.
Maak ‘n dik witsous in die ui, knoffel en botter mengsel.
Voeg 4 koppies gaar rys by.
Voeg enige gaar vleis, groente, kaas of wat jy ookal wil by.
Skep in ‘n oondbak.
Strooi kaas oor en bak tot die kaas bruin is en borrel.
Bedien met slaai.
Foto en resep geplaas deur Corne Liebenberg


SONETTE SE KERRIENOEDELSLAAI
500 g skulpie noedels
1 ui, gekap
3 soetrissie: 1 groen, 1 geel, 1 rooi, blokkies gesny
100 ml asyn
250 ml tamatiesous
100 ml olie
200 ml bruinsuiker
1 eetlepel kerriepoeier
1 pakkie spek, gesnipper
Kook noedels en laat afkoel. Braai ui en soetrissies in olie.
Meng oorblywende bestanddele saam, voeg by ui en soetrissie mengsel. Laat prut vir ± 3 min.
Gooi sous oor noedels, meng en plaas in yskas. Geniet.
Resep: Sonette Bezuidenhout
Foto en nota: Anne Mortleman Chambers
Ek het dit vanoggend, in ‘n kleiner hoeveelheid, gemaak – het geen skulpe gehad nie, maar spirali werk net so goed. Het ook nie spekvleis ingesit nie. Glo my, dit is LEKKER !


“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Idees van lede.
Boetie Nel: Ek maak altyd my chicken mayo met lekker fyn hoender borsies wat net so 25 min gekook het, dan is dit net gaar en sappig, dan meng ek die stukkies hoender met mayo en so 2 eetlepels Mrs Balls blatjang.
Anne Mortleman Chambers: Gaar hoender (fyngekap of gemaal), mayo, Mrs Balls blatjang, fyngekapte ui, sout en peper. Botter die brood net aan eenkant en gebruik die gebotterde kant buite.
Nicolene Nikki Van Niekerk: Lekker volgraan brood of rolletjie met botter gesmeer, slaaiblaar of twee, tamatie met sout en pepper, skyfies pynappel as jy wil, komkomer en dan fyn hoender en mayo by, dis baie gesond en lekker. Vir ekstra smaak kan jy klein blokkies groen soetrissie insny.
Sonja Young: Die lekkerste idee met chicken mayo is om die brood eers te rooster en dan al die bestanddele op te sit.
Dis nogal iets wat ek nie baie maak nie, maar het dit al baie so by koffie winkels gehad en dit smaak lekker, want dis nie so plat gedruk nie Continue reading→
You cannot copy content of this page
