Pompoen-kaasschotel (Pampoen-kaasskottel)

1800397_705605369472424_157833962_n

INGREDIËNTEN
• 1.2 kg iets kruimige aardappelen
• 1 pompoen
• 1 bekertje zure room (125 ml)
• 150 gr geraspte oude kaas

BEREIDEN
1. 1. Verwarm de oven voor op 200 °C. Schil de aardappelen, snijd ze in stukken en kook ze in water met zout in 20 min. gaar. 2. Was en halveer ondertussen de pompoen, verwijder met een lepel de pitten en draden en snijd het pompoenvlees met schil in blokjes. Kook de pompoen de laatste 10 min. mee met de aardappelen. 3. Giet de aardappelen en pompoen af en vang een kopje kookvocht op. Stamp de aardappelen, pompoen, zure room en het kookvocht met de pureestamper grof. Schep de peper en zout erdoor. Schep in de ovenschaal, verdeel de kaas erover en bak ca. 20 min. in de oven.

Annet Geelhoed




MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST

12688_3906767483152_675032056_n

MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST

Ek het gister die geheim geleer. Braai so twee of drie uie.

Haal uit en plaas eenkant (Verskoon my Eng. en Afr so deurmekaar.) Rol jou vleis in meel en speserye van jou keuse en braai in dieselfde pot in klein bietjie olie. Sny wortels en plaas onder in jou slow cooker.

Plaas nou die gebraaide stuk Bees vleis bo op die rou wortels.
Gooi water in die pot wat jy gebruik het, So n koppie vol, nie meer nie ander is die liquid te veel.
Kook vir so 1 minute, en gooi bo oor die vleisie.
Strooi nou die gebraaide uie bo op en sit die deksels op.

Ek het dit op hoog gehad vir twee ure en toe af gedraai na slow vir 10 ure. Ek sal beef nooit weer anders gaar maak nie………

RESEP EN POT FOTO: Maryke Nel McCaig
2de Foto: Kotie Van Heerden – Dit was “uit die boonste gestoeltes”!!!!!




ANITA SE “DIK FRIK” FRIKKADELLE

1489127_10152285065151209_718634729_ntested
ANITA SE “DIK FRIK” FRIKKADELLE

Jy maak soos wat jy frikkadel maalvleis voorberei met uie, knoffel en spices

Ek vat gladwrap dan sit ek maalvleis so vuis grote op en druk dit pla

Dan neem jy kaas soos chadar en n kaas wat lekker smelt, gherkins en green pepper, lekker swart peper en sit dit bo op die plat maalvleis pattie maar moenie dit tot op die rand sit nie.

Rol dit op met hulp van die gladwrap en maak wors daarvan sorg dat alles netjies toe is dat jou kaas nie kan uitloop nie. Draai lekker styf toe in die kleef plastiek.

Ek sit hulle so uur in yskas en dan bak ek hulle in die oond of in ‘n pan.
as  ek klaar is gooi ek mushroom sous oor.

Resep en Foto: Anita Groenewald Olderwagen




EIERVRUGGEREG

1010628_10202916264697538_2114702334_n
EIERVRUGGEREG
1 groot eiervrug in blokkies gesny, moet nie skil nie.
1 ui gekap
1 knoffelvingertjie gekap
2 snye witbrood in 250 ml melk geweek
3 ml mosterd poeier
sout en peper
100 g chedderkaas gerasper
250 g spek in blokkies
3 eiers, kruie van jou keuse
Braai uie en spek, voeg knoffel en eiervrug by en braai tot glaserig. Klits eiers en voeg al die ander bestanddele by. Meng goed. Plaas in gesmeerde vuurvaste bak, sprinkel nog kaas oor en bak in oond 180ºC vir 30 tot 40 min. Kan skyfies tamaties bo-op sit voor jy dit bak. Sprinkel bietjie paprika bo-oor
Resep en foto: Martie Fourie Moolman



HONG KONG HOENDER

hong kong hoendertested

1.5 KG HOENDERSTUKKE
500 ML COCA COLA 2 KOP
15 ML SOJA SOUS
15 ML STROOP
5 ML SOUT
plaas die hoenderstukke in swaar boompot. meng res van bestandele .gooi oor . Stowe vleis tot sag. haal deksel af braai tot goudbruin .*tinkie*Resep deur: Tink Tinkie Badenhorst Botes
Foto:  Susan Maxwell‎




BERTHA SE RUM EN RAISIN-TERT

98a96f2e-45df-4a85-980c-b8991bde59eftested
BERTHA SE RUM EN RAISIN-TERT

Klits 250 ml room styf.

Gooi een blik caramel by en meng goed deur.

Vat koppie en half rosyne en sit in kook water om sag te word dreineer die water en druk lekker droog gooi 5 ml vanielje by en 2 ml rum geursel.

Pak laag tennis koekies en laag van mengsel.

Baie lekker en vinnig

Resep: Bertha Harris




WILDSVLEIS SOSATIES


WILDSVLEIS SOSATIES

Ok die vleis is blesbok boud wat ek in blokkies gesny het na al die senings en vliese en goeters verwyder is.

Toe het ek bietjie amasi oorgegooi en deurgemeng en dit in bak met deksel oornag in yskas gelos.

Vanoggend het ek stukke varkvet/spek opgesny en perskes en uie en dit geryg op stokkie en dan kerriesous gemaak en gekook en dan onder in die bak gegooi en bo oor die sosaties.

Die sous moet mense maar doen wat hulle wil want ek gooi net in en wat ek kan onthou is 1 bottel bruin asyn,dan maak jy die bottel vol water na jy die asyn uitgegooi het en gooi dit ook in pot en dan omtrent 1 koppie suiker en dan 3 teelepels borrie en 3 teelepels kerrie,maizena en perske blatjang en dan roer jy nou maar die spulletjie tot dit dikker en gaar is en toe het ek sout en peper na smaak ingegooi tot dit reg smaak vir my en die sous eers laat afkoel voor ek dit gebruik het.

En die sosaties bly nou vir ten minste so 3 dae in die yskas in die sous en jy draai dit elke dag om en skep die sous weer oor en dan terug in yskas.Dan braai jy dit aan die einde van daai tyd of jy kan dit saam met die sous vries en gebruik soos nodig.

Resep: Naudéa Visser




RANDREKKER RYSPASTEI

155456_10152272805628083_714198332_n
RANDREKKER RYSPASTEI

Braai 1 ui en knoffel in botter.
Maak ‘n dik witsous in die ui, knoffel en botter mengsel.
Voeg 4 koppies gaar rys by.
Voeg enige gaar vleis, groente, kaas of wat jy ookal wil by.
Skep in ‘n oondbak.
Strooi kaas oor en bak tot die kaas bruin is en borrel.
Bedien met slaai.

Foto en resep geplaas deur Corne Liebenberg




SONETTE SE KERRIENOEDELSLAAI

Anne Mortelman Chambers

SONETTE SE KERRIENOEDELSLAAI
500 g skulpie noedels
1 ui, gekap
3 soetrissie: 1 groen, 1 geel, 1 rooi, blokkies gesny
100 ml asyn
250 ml tamatiesous
100 ml olie
200 ml bruinsuiker
1 eetlepel kerriepoeier
1 pakkie spek, gesnipper

Kook noedels en laat afkoel. Braai ui en soetrissies in olie.
Meng oorblywende bestanddele saam, voeg by ui en soetrissie mengsel. Laat prut vir ± 3 min.
Gooi sous oor noedels, meng en plaas in yskas. Geniet.

Resep: Sonette Bezuidenhout
Foto en nota: Anne Mortleman Chambers
Ek het dit vanoggend, in ‘n kleiner hoeveelheid, gemaak – het geen skulpe gehad nie, maar spirali werk net so goed. Het ook nie spekvleis ingesit nie. Glo my, dit is LEKKER !




“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES

“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES
Foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Idees van lede.

Boetie Nel: Ek maak altyd my chicken mayo met lekker fyn hoender borsies wat net so 25 min gekook het, dan is dit net gaar en sappig, dan meng ek die stukkies hoender met mayo en so 2 eetlepels Mrs Balls blatjang.

Anne Mortleman Chambers: Gaar hoender (fyngekap of gemaal), mayo, Mrs Balls blatjang, fyngekapte ui, sout en peper. Botter die brood net aan eenkant en gebruik die gebotterde kant buite.

Nicolene Nikki Van Niekerk: Lekker volgraan brood of rolletjie met botter gesmeer, slaaiblaar of twee, tamatie  met sout en pepper, skyfies pynappel as jy wil, komkomer en dan fyn hoender en mayo by, dis baie gesond en lekker. Vir ekstra smaak kan jy klein blokkies groen soetrissie insny.

Sonja Young: Die lekkerste idee met chicken mayo is om die brood eers te rooster en dan al die bestanddele op te sit.
Dis nogal iets wat ek nie baie maak nie, maar het dit al baie so by koffie winkels gehad en dit smaak lekker, want dis nie so plat gedruk nie

Nicolene Nikki Van Niekerk: Gebruik gaar hoender wat oorbly, maak fyn met mayo, rooster die brood of hou dit net so, smeer botter op, sny skyfies gebakte aartappels op en sit die hoender en mayo op met bietjie sout en pepper, dis ongelooflik lekker.

Ann Fischadler: Moenie paprika vergeet nie, dit gee ‘n mooi kleur en ‘n unieke smaak.

Werner en Tania Barnard: Ek meng hoender en mayo, voeg bietjie blatjang by met aromat, swart peper, oregano en ‘n rou ui.

Elma Grace: My geheim (nie nou meer nie) volg almal se resep, maar ek voeg gekookte eier, gekapte dill komkommer en fyn gerasperde kaas by, lekker.

Franco Dippenaar: Almal fokus op die goed wat by die hoender mayo kom en niemand fokus op wat dit eintlik lekker maak nie. Ja uie, knoffel, aromat, swart peper, gekapte tamatie, ens is alles lekker daarby. Die belangrikste is die mayo. Gebruik die beste wat jy kan kry soos Wonder Whirl, Miracle Whip, Heinz se gourmet mayo. Hulle kan hitte hanteer en raak nie so loperig soos Nola of C&B nie. Of maak jou eie mayo. Jy kan dit op spice met so baie goed.

Esther Hattingh: Ek meng my mayo en hoender met sandwich spread, dis heerlik.

Dorathea Campher Beets: Ek het onlangs hoender, mayo, feta, gesnipperde peppadews op volgraan brood geëet, heerlik.

Tanya Jordaan: Ek meng ‘n knippie kerrie poeier (mild, die geel boksie), ‘n bietjie kondensmelk by die mayonaise.

Ems Mostert Mostert: Sit bietjie soetrissie sous ook by.

Vanessa Vd Merwe: Spek, krakerig gebraai en fyn gemaak, meng saam hoender en mayo.

Colleen Barnard: Ek meng ‘n bietjie kerriepoeier en gerasperde kaas in, dis regtig baie lekker, ek het geleenthede vir die skool gedoen en dit so gemaak.

Lizette Erasmus: Meng blikkie fyn pynappel in vir ‘n tropiese hoender mayo, heerlik.

Phoebè Botha: Ek voeg fyn gekapte uie en gherkins in met ‘n lekker mayonnaise en miracle whip salad cream gemeng, bietjie paprika, sout, peper en so knippie hoenderspeserye.

Ronelle Jacobs: Fyn pynappel of bosbessie (Cranberry).

Erika Van Aarde-Badenhorst: Ek het altyd in my koffie winkel Ina Paarmans se perske blatjang gemeng met my mayonnaise en knippie rooipeper, heerlik.

Hildegard Fourie: Meng eers ‘n bietjie mayonnaise apart met ‘n bietjie mosterdpoeier en fyn mosterd, ek voeg ook ‘n bietjie kondensmelk by. Pluis die hoender lekker fyn, voordat jy dit meng. Voeg ‘n bietjie droë pietersielie ook by vir kleur.

Corrie Welthagen Bezuidenhout: Mosterd ingemeng by mayo, net so ‘n titseltjie, heerlik.

Lida Pieterse: Ek voeg mango atchar saam met mayo.

Tanya De Kock: Add perinaise.

Martie Josling: Mayo, hoender, russian, fyn gekap met mosterd.

Petro Oosthuizen: Small pieces of canned peaches also is an amazing surprise together with peach chutney, like Erika Van Aarde-Badenhorst says. Mmmm, it’s to die for, yummy.

Leone Barnard du Toit: Ons Vetkoek Den jare terug, het ‘n chicen mayo, spek en kaas vetkoek gemaak. 2 Weke gelede toe maak ek vir aandete chic mayo, spak en gerasperde kaas mengsel jaffles en dit was ‘n wenner, warm of koud.

Javon-Jody Kim Kleinsmidt: Hoender, mayo, ui, groen soetrissie, paprika, cayenne pepper, bietjie aromat, blatjang en fyn gekapte dhania.

Amanda Diamond: Ek voeg bietjie honey mustard by, die boeppens potjie met swart dekseltjie.

Ric FourieRic: Bits of pepperdew or go Spur style, chic mayo made with Spur sauce, easy and fast.

Alida Cavalieratos: Voeg griekse kaas, tiemie, sout en peper by.

Lizelle Botes: Fyn pynappel of ‘n titseltjie basil pesto saam die mayo gemeng.

Marlien Jonker: Kook hoenderfillete en rasper dit as dit koud is, rasper fyn ui in, bietjie suurlemoensap, sout en peper en meng mayo met bietjie kondensmelk, meng deur, dis heerlik.

Abigail Smith: Chives and cream’o’naise.

Inge Bekker: Voeg vars opgekapte basil kruie by.

Irene Gilliland: Ek’t gisteraand gemaak met kerrie in die mayo, blikkie gedreineerde fyn pynappel en fyn gekapte peppadews.

Rosetta Mattheze: Mix equal parts sweet chilli and mayo and add dhanya or I chop cucumber or lettuce finely and add to chicken mayo.

Heidi Rushmer Fouche: Gekapte gherkin en ‘n groot lepel sandwich spread in die chicken mayo is heerlik.

Kimberley Leetion: Try adding finely chopped spring onion and a little garlic.

Amanda Viljoen: Snipper die volgende fyn, gerkins, spriet ui en tamatie (sonder pitte), meng met fyn hoender en mayo en voeg by, mosterd, blatjang, Italiaanse speserye, sout en pepper.

Dionné Page Olivier: ‘n Goeie mayonnaise is baie belangrik, ek verkies Nola se ultra romerige mayo. Stoom die hoenderborsies tot net net gaar, anders is dit droog. Roer basil pesto by, soveel as wat jy wil, dit is heerlik, sout, peper en aromat na smaak.

SupportiveCrocodile5153: I love adding finely chopped gherkin and spring onion to my chicken mayo, with a dash of Sriracha sauce for some kick.

Cornette Jooste: Ek meng ‘n bietjie braaisous saam met die mayo in.

Tanya Mundell: Rooster die hoender en uie, ipv kook.

Aletta Tessa Odendaal Veldtsman: Gebruik dik en romerige mayonnaise, meng met bietjie spek gegeurde roomkaas en fyngesnyde uie, saam met een van fyngekapte groen-, geel- of rooi-soetrissies, jou keuse, sout en peper. Sny die gaar hoenderborsies in stukkies en meng met alles wat ek genoem het. Baie lekker, sal jou vingers aflek, geniet.

Jenel Ralph van Wyk: Ek voeg gekookte eier en ongegeurde jogurt by die uie en mayo.

Jana Taljaard: Gaar hoender, dubbelroom mayonnaise, bietjie tjou tjou en ‘n stukkie gaar russiese wors. Beste ooit op ‘n vetkoek.

Sean Koekemoer: Any of the above recipes, but add finely chopped gherkins and finely chopped pieces of apples for texture and the magic taste will explode.

Sus Gerber: Tamaties, fyn gesny by, maak ‘n groot verskil.

Lorett Brittnell: Bietjie vars ryp pynappel, gesnipper, verander enige hoenderslaai of vulsel in iets besonders.

Martin van Vuuren: Chicken mayo, with egg, sweet peppers, lettuce on ciabatta bread, roasted in olive oil and smeared with garlic butter while hot.