

WILDSVLEIS SOSATIES
Ok die vleis is blesbok boud wat ek in blokkies gesny het na al die senings en vliese en goeters verwyder is.
Toe het ek bietjie amasi oorgegooi en deurgemeng en dit in bak met deksel oornag in yskas gelos.
Vanoggend het ek stukke varkvet/spek opgesny en perskes en uie en dit geryg op stokkie en dan kerriesous gemaak en gekook en dan onder in die bak gegooi en bo oor die sosaties.
Die sous moet mense maar doen wat hulle wil want ek gooi net in en wat ek kan onthou is 1 bottel bruin asyn,dan maak jy die bottel vol water na jy die asyn uitgegooi het en gooi dit ook in pot en dan omtrent 1 koppie suiker en dan 3 teelepels borrie en 3 teelepels kerrie,maizena en perske blatjang en dan roer jy nou maar die spulletjie tot dit dikker en gaar is en toe het ek sout en peper na smaak ingegooi tot dit reg smaak vir my en die sous eers laat afkoel voor ek dit gebruik het.
En die sosaties bly nou vir ten minste so 3 dae in die yskas in die sous en jy draai dit elke dag om en skep die sous weer oor en dan terug in yskas.Dan braai jy dit aan die einde van daai tyd of jy kan dit saam met die sous vries en gebruik soos nodig.
Resep: Naudéa Visser






