SPRINGERVIS OP DIE KOLE
Krap die skubbe af, vlek dit en bedek die vis met growwe sout vir 3 tot 4 uur. Spoel die vis af en druk dit droog met kombuis papier.
Braai dit op redelike warm kole vir ‘n paar minute, met die velkant na bo wat met knoffelbotter gesmeer word. Draai die vis om en smeer met baie knoffelbotter. Braai op die velkant oor matige kole vir ongeveer 20 minute. Haal van die rooster af en bedruip met ‘n bietjie suurlemoensap. Bedien dadelik.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
Category Archives: Braai / BBQ / Spit
VARS KABELJOU OP DIE KOLE
VARS KABELJOU OP DIE KOLE
1 heel kabeljou
growwe sout
vis speserye
2 eetlepels margarien
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel marmite
Sny die kabeljou oop en besprinkle dit met growwe sout en vis speserye. Plaas in die yskas vir ten minste 1 dag of oornag. Maak ‘n sous van die margarien, appelkooskonfyt en marmite. Braai die vis op die vel kant oor redelike lae hitte, terwyl die vleiskant met die sous bekwas word. Wanneer die vis begin deur gaar word, plaas meer kole onder die rooster en en draai die vis vir 2 tot 2½ minute op die vleiskant. Draai dan weer om op die velkant vir nog 2 tot 3 minute.
Resep geplaas deur Coetzee Neethling
Foto: Coetzee Neethling
GEKRUIEDE LAMSBLAD OP DIE KOLE
GEKRUIEDE LAMSBLAD OP DIE KOLE
Ons gaan vanaand die heel gekruide lamsblad oppie kole gaarmaak.
1 heel lamsblad met skenkel en al, gesmeer met olyfolie
Besprinkel met die volgende speserye na smaak:
rissie vlokkies (Chillie flakes)
gerookte paprika
pietersielie (droë)
swartpeper en sout
Italian kruie
knoffelvlokkies
1 handvol gekapte tiemie en roosmaryn
Draai dit toe in foelie en hou op die kole tot amper gaar en haal dan uit die foelie. Ek het ‘n bietjie Jimmy sous gemeng met fyn appelkoosjam en dit net op die blad gesmeer en gebraai tot ‘n bietjie tot krisp op skerp kole.
N/S Julle sal my nie glo nie die lamsblad was heeerlik na twee ure in foelie oppie kole en nog 40 min se braai.
Foto en resep: Gideon Louw
LAMSLIESROL OP DIE KOLE
LAMSLIESROL OP DIE KOLE
Ek het vanmiddag lamsliesrol op die kole gebraai. Die reseppie loop so:
Lamslies waarvan jy die vliese en oortollige vet met ‘n skerp mes verwyder (Ek het 3 lieslappe gebruik.
Kap die lies weerskante met vleishammertjie.
Smeer met Worcestersous en suurlemoensap.
Geur met sout, swartpeper, roosmaryn en olyf speserye.
Toe raak ek dekadent en braai die volgende saam in ‘n pan:
2 fyngekapte middelslag uie
5 knoffelhuisies
250 gram spekvleis
400 gram swart gekerfde sampioene
Kook 1 pak babaspinasie vinnig op met 100 ml vars gekapte roosmaryn, handvol basiliekruid en sout en peper na smaak,
Kombineer spinasie met spekmengsel nadat jy die spinasie goed dreineer het.
Continue reading
MAALVLEIS PATTIES VIR ‘N BRAAI
MAALVLEIS PATTIES VIR ‘N BRAAI
1 kg maalvleis
2 teelepel Worcestersous
2 teelepel soyasous
1 ui, fyn opgesny
2 koppies kaas van jou keuse
knoffelvlokkies, na smaak
1 eier
1 teelepel gemengde kruie (mixed herbs)
sout en peper
1 teelepel braaivleis speserye Continue reading
COETZEE SE SPITBRAAI IDEES
COETZEE SE SPITBRAAI IDEES
SPITVARKIE
Sny die spek so paar snye in, nie te diep. Vryf in met growwe sout en Worcestersous braai mix, velkant en vleiskant. Sit vark op spit. Na eerste uur kan vleiskant met sous gespuit word. Spuit velkant eers as vark amper gaar is om te keer dat vel taai raak en krakerig bly.
Sous
2 bottels Old Brown Sherry
100 ml chilli worcestersous
4 teelepels mixed herbs
2 eetlepels fyn garlic
4 teelepels worcestersous braai mix Continue reading
BLIK HOENDER
BLIK HOENDER
Om hierdie hoenders te kan maak het mens die blik braai nodig soos op die foto, ander sal mens soortgelyke iets moet prakseer, waar al die sous van die hoender onder op die groente loop, die hoenders is ingeryg in ‘n pen wat regop staan, sodat die sous lekker kan afloop.
2 hele hoenders
speserye van jou keuse
groente van jou keuse
sous van jou keuse (ek verkies lappies sous, Jimmy’s werk ook lekker) Continue reading
OLD BROWN SNOEK BRAAI
OLD BROWN SNOEK BRAAI
1 snoek, cleaned, or any other firm white fish
sea salt flakes
30 ml olive oil
For the basting sauce:
80 ml old brown sherry
60 ml apricot jam
100 gram butter
15 ml chopped garlic
10 ml grated fresh ginger
small handful chopped fresh parsley Continue reading
ROOM SNOEK
ROOM SNOEK
Bedien saam met daai ertjie slaai wat ek in ‘n ander pos geplaas het.
1 groot snoek, die een was 2,3 kg, sny in stukke soos verkies
1 liter room
½ – ¾ koppie suurlemoen sap
300 – 400 g appelkooskonfyt
Meng room, suurlemoensap en konfyt saam.
Pak snoek in ‘n pan. Ek het die een op die vuur geplaas.
Kan ook gedoen word in ‘n skottelbraai.
Gooi room mengsel oor die snoek en lig die snoek bietjie sodat die room onder die snoek in loop.
Braai eers met velkant na bo tot helfte van die sous weggekook het en draai dan om sodat vis op velkant lê in die bak.
Braai tot die room mengsel wegkook.
Resep en foto: Koos van der Merwe
GIDEON SE AARTAPPELWIELE
GIDEON SE AARTAPPELWIELE
Hierdie aartappeltjies gaan ek beslis weer laat verbykom want djeeerlik was hulle.
Genoeg vir 4
3 groot aartappels, geskil en met die mandolien in wiele gesny met sy dikste setting en laat lê in sout water vir ‘n uur lank (½ koppie sout op 1 liter water )
1 eetlepel knoffelvlokkies
½ koppie parmasaan kaas
1 koppie meel
2 eiers, geklits
1 teelepel gemaalde swartpeper
olie vir vlakbraai
2 koppies fyngemaakte broodkrummels
Continue reading