


LAMSLIESROL OP DIE KOLE
Ek het vanmiddag lamsliesrol op die kole gebraai. Die reseppie loop so:
Lamslies waarvan jy die vliese en oortollige vet met ‘n skerp mes verwyder (Ek het 3 lieslappe gebruik.
Kap die lies weerskante met vleishammertjie.
Smeer met Worcestersous en suurlemoensap.
Geur met sout, swartpeper, roosmaryn en olyf speserye.
Toe raak ek dekadent en braai die volgende saam in ‘n pan:
2 fyngekapte middelslag uie
5 knoffelhuisies
250 gram spekvleis
400 gram swart gekerfde sampioene
Kook 1 pak babaspinasie vinnig op met 100 ml vars gekapte roosmaryn, handvol basiliekruid en sout en peper na smaak,
Kombineer spinasie met spekmengsel nadat jy die spinasie goed dreineer het.
Smeer die vulsel op een kant van die lieslap en krummel fetakaas bo-oor.
Rol die lieslap versigtig op en bind beide kante dig met tou.
Bind nog op drie plekke tussen die twee punte sodat die vulsel in plek bly.
Los genoeg tou as jy die tou sny.
Neem nou takkies roosmaryn en bind dit op die vleisrol vas met die langer toutjies wat by die knope oorgebly het.
Stel oond op 170 º C en bak vir uur en ‘n half.
Die bakproses maak dat meeste vet afdrup.
Verwyder vleis van bakplaat en rooster verder oor matige kole wat die buitekant mooi crisp.
Hierdie reseppie aangepas uit twee ander met ietsie self bygevoeg, was vanmiddag ‘n braaitreffer!
Foto van die gaar produk van die lamsliesrol oor die kole. By nabetrating het ek besluit om volgende keer songedroogde tamaties in te sluit vir bietjie meer kleur. Ek dink ook dit sal die smaak nog meer oemf gee!
Resep en foto: Dricus Bosman







Kry nie sy foto nie.