

ROOM SNOEK
Bedien saam met daai ertjie slaai wat ek in ‘n ander pos geplaas het.
1 groot snoek, die een was 2,3 kg, sny in stukke soos verkies
1 liter room
½ – ¾ koppie suurlemoen sap
300 – 400 g appelkooskonfyt
Meng room, suurlemoensap en konfyt saam.
Pak snoek in ‘n pan. Ek het die een op die vuur geplaas.
Kan ook gedoen word in ‘n skottelbraai.
Gooi room mengsel oor die snoek en lig die snoek bietjie sodat die room onder die snoek in loop.
Braai eers met velkant na bo tot helfte van die sous weggekook het en draai dan om sodat vis op velkant lê in die bak.
Braai tot die room mengsel wegkook.
Resep en foto: Koos van der Merwe







Geskuif