

COETZEE SE SPITBRAAI IDEES
SPITVARKIE
Sny die spek so paar snye in, nie te diep. Vryf in met growwe sout en Worcestersous braai mix, velkant en vleiskant. Sit vark op spit. Na eerste uur kan vleiskant met sous gespuit word. Spuit velkant eers as vark amper gaar is om te keer dat vel taai raak en krakerig bly.
Sous
2 bottels Old Brown Sherry
100 ml chilli Worcestersous
4 teelepels mixed herbs
2 eetlepels fyn garlic
4 teelepels worcestersous braai mix
Braai vark vir 5 tot 7 ure afhangende van grote van vark. Spuit vleiskant nat met sous elke 30 min.
SKAAP:
Ek maak gewoonlik my sap ten minste so 24 uur voor die tyd aan.
1 goeie bottel port
suurlemoensap
so paar knoffelhuisies, grof gekap
gedroogde roosmaryn
tiemie
paar braai speserye
Gooi alles saam in een bottel en laat oornag staan.
Die skaap sny ek gewoonlik liggies op die velkant en vryf goed in met
Worcestershire braai spice of Cerebos flame drilled spice ensout en peper
Ek gebruik ‘n leë 2 liter bottel vir sous, maak gewoonlik so 2 bottels aan.
Steek ‘n gaaitjie in die prop en spuit skaap nat elke 20 min.
Ek probeer altyd bietjie meer hitte by boude en nek kry as by ribbetjies sodat alles egalig braai.
Resep en foto: Coetzee Neethling







geskuif