

VRYDAGAAND NACHOS
1 pak Nachos
1 pakkie of ± ¼ bottel tamatie pasta sous
1 houer Cottage cheese
Cheddar kaas om bo oor te strooi
Salsa:
Tamatie, rooi ui, blaarslaai, alles fyn opgesny
Om af te rond het ons guacamole gemaak en suurroom opgegooi.
Versprei nachos in bak, gooi tamatie pasta sous saam met Cottage cheese oor en top met baie kaas. Sit in die oond tot alles gesmelt is.
Bedien met jou salsa bo op en gooi hope guacamole en suurroom oor!
Resep en foto: Michelle Bekker






