PERLEMOEN IDEES
Alta Nel Kriel
As jy gemaalde perlemoen neem, moet jy dit bietjie kook. As dit gaar is sal die water en perlemoen ‘n bruinerige kleur hê en nie meer so wit (vaal) wees nie. As jy dit net braai gaan dit nog taai wees tensy dit baie vars perlemoen is wat dieselfde dag wat jy dit gebruik uitgehaal is. As dit sag is gooi bietjie sout, swartpeper, neut, botter en room in. Bedien op rys of met kapokaartappels. Heerlik!!!
Nicolette Fick
Ons het altyd die heel perlemoen gepressure cook. Dan maal en dan geprut in ‘n pot met neut, botter, suurlemoensap en dan 250ml room op 5 perlemoene. Continue reading















