SEEKOS MASALA KERRIEPOT
Resep: Jan Kruger
Foto: Annelie van der Merwe-Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
No 3 pot / 5 lt
1 kg prawn skoongemaak (net sterte)
½ kg calamari repies
½ kg mossels (ontskulp)
1 kg ontbeende hake fillette
½ kg uie – in ringe gesny
50 ml masala kerriepoeier
15 ml medium kerriepoeier (pas aan na smaak)
15 ml komyn saadjies
10 ml borrie
20 ml suiker
15 ml sout
10 ml swart peper
2 huisies knoffel fyngekap
3 lourierblare
2 steranyse
1 blik klappermelk (nie lite of die room nie)
100 ml water (indien nog vog benodig)
100 ml sonneblomolie
½ liter semi-soet wit wyn
250 ml Mrs B blatjang
Giet sonneblomolie in pot.
Voeg by kerriepoeiers, cumin, borrie in warm pot.
Wanneer ruik is die geure lekker uit.
Voeg dan die uie by.
Draai hitte af.
Uie moet net glaserig word.
Voeg knoffel, lourierblare, steranys by.
Roer vining, net bietjie kook.
Voeg wyn, chutney, suiker, sout, swartpeper en alle seekos by.
Kook oor matige hitte met deksel op vir +- ¾ – 1 uur.
Moenie baie vining borrel anders brand dit vas.
Na 1 uur voeg klappermelk by.
Haal deksel af en laat vog verminder.
Indien te droog, giet van die 100 ml water by.
Indien te waterig kan verdik word met maizena.
(ontvries seekos sodat daar nie te veel water in pot gaan)
Laat staan vir 10 minute met deksel op voor opdiening.
Bedien met basmati rys.
Geniet!!








