Ons het die sterte vooraf gekook en uitgedop en in blokkies gesny en in ‘n beslag gedip wat bestaan uit:
‘n eetlepel gesmelte botter
1 k selfraising meel
75 ml melk
1 t sout
2 e crushed garlic
een geklitste eier
en dan in olie gebak tot goudbruin!!
Foto 1: Gideon Louw
Foto 2: Gideon Louw
Vroulief was uithuisig toe vat ek my kans en maak vir my die heerlike mossel eetdingetjie.
Ek het die deegreseppie gebruik en ook in olie gebak.
Sommige mosseltjies het ek netso in die olie gebak en saam met ‘n gekoopte dip geniet.









