

VYE EN DADELPOEDING MET GESOUTE KARAMELSOUS
¾ koppie gedroogde vye gekap
¾ koppie Dadels gekap
1 teelepel koeksoda
125 g botter by kamertemperatuur
¾ koppie donker bruinsuiker
3 eiers
1 ½ koppie bruismeel
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn gemmer
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n 20 cm ronde koekpan.
Plaas vye en dadels in ‘n bak en bedek met 1 ¼ koppie kookwater.
Voeg die koeksoda by en meng. Laat afkoel.
Klop die botter en suiker tot romerig.
Klop die eiers een vir een by die bottermengsel.
Sif die bruismeel en speserye bo oor en meng.
Voeg die vrugtemengsel by en meng goed.
Skep in voorbereide bak en bak vir 40 minute.
Maak intussen die karamel sous:
Plaas in ‘n kastrol op die stoof:
300 ml dik room
½ teelepel vanilla ekstrakt
60 g botter
1 eetlepel goue stroop
1 teelepel growwe seesout
Kook oor hoê hitte vir 1 minuut en dan oor medium hitte vir 4-5 minute tot effens dik.
Keer die poeding uit op ‘n bord met ‘n randjie, skep van die sous oor.
Bedien op met roomys, vla of styfgeklopte room saam met die res van die salted karamel sous.
Foto en resep geplaas deur Hettie Bezuidenhout






