SMAAKLIKE SEEKOS PASTA
2 medium gekapte uie
1 x 250gr sampioene in skyfies gesny
500 gr garnale
1 teelepel gekapte knoffel – opgehoop (opsioneel)
1 pakkie sampioensop
1 liter melk
1 blikkie gerookte mossels – fyngedruk met vurk in die olie
1 koppie gerasperde kaas
3 – 4 koppies gaar pasta
Suurlemoen sap na smaak
Sout en peper
Pietersielie – fyn gekap vir garnering
Braai uie en knoffel tot bruin, roer sampioene in en braai tot gaar.
Roer garnale in en braai stadig tot gaar..
Maak soppoeier aan met melk bring tot kookpunt en roer die fyn mossels en kaas in die mengsel tot goed gemeng en kaas gesmelt is.
Roer nou die pasta en sopmengsel, wat nou lekker dik is by die garnaal mengsel en voeg sout en peper by na smaak. Roer goed en bring stadig tot kookpunt terwyl jy dit aanhoudend roer sodat dit nie aanbrand nie. Neem ‘n halwe suurlemoen en gee ‘n drukkie of twee na smaak. Nie te veel dat die suurlemoen die dis oorweldig nie.
Garneer met pietersielie
Bedien saam met ‘n groen slaai en “bon apetit”!
Bron: Rosemarie Maytham
Rosemarie Maytham Ek het vergeet om vanoggend voor werk vleis uit die vrieskas te haal en moes toe baie vinnig aan iets dink om te kook vir aandete. Die garnale ontdooi so vinnig as mens kookwater daaroor gooi en die dis was sommer gou, gou klaar! Ek het die resep sommer uitgedink soos ek die uie begin kap het. Ons het heerlik geëet en daar is meer as genoeg oor vir ons twee se middagete môre!








